Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 ENTREPRENEURSMARK
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Maretha Blog

Waar ons leef-geselse gesels.

My en Hennie se leefwêreld is een van praktiese planne maak met katte se gevegswonde, bontpootjiebosluise en die ander uitdagings van die groot Vrystaatse grasvlakte waarop ons, soos Abraham en Sara, in ons aardse tentwoning woon. Dié Sara van vandag bak egter nie groot nie, arme Abraham.

Visie vir dié blog? Dat dit goudgeel stuifmeel sal afgee.

En dat ons gay broers en susters in die HERE — julle wat die wêreld vul met musiek, troue vriendskap en skoonheid— ook 'n leunstoel sal vind in die stil kamer wat vir julle in ons harte reggemaak is.

Welkom!


 

Klik 'n Blog oop:  HERE, BEGIN BY MY

Here, hier is Happiness.

Hoe belaglik van my om dit vir U te sê,

want eintlik is dit andersom.

U sê: "Verteenwoordiger van die Allerhoogste

hier is Happiness."

U het hom aan ons gemeente toevertrou.

Hy het goeie kos nodig.

Hy het al so baie deurgemaak

? en die pad vorentoe is nog so lank

en so steil.

Ek bid vir hom, dat U vir hom sal voorsien.

Maar ek bid eintlik eerste:

Here, begin by my. 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DIE ANDER LEWENSWAARHEID

Jare gelede, in die 1980's, het ek 'n lewenswaarheid ontvang en by werk werksplek aangebring:

ELKE KEUSE KOS IETS, EN GEEN WINS IS VERNIET NIE.

Tot dusver het ek nog nie die uitsondering op hierdie reël  beleef nie.

Die volgende een het vanjaar in my skoot geval, want in ons eie lewe het ons soveel genade van ander ontvang.

Mense was uitsonderlik goed vir ons gewees.  Ons kinders is goed vir ons; ons kleinkinders laat ons voel asof ons saak maak.

En iewers het die volgende wete vir my onweerlegbaar geword:

 

SOOS WAT EK WIL Hê DAT ANDER VAN MY MOET PRAAT,

SO MOET EK VAN ANDER PRAAT.

SOOS WAT EK IL Hê DAT ANDER VIR MY MOET OMGEE,

SO MOET EK  VIR ANDER OMGEE.

SOOS WAT EK  WIL Hê DAT ANDER SE GEDAGTES OOR MY MOET WEES,

SO MOET MYGEDAGTES OOR ANDER WEES.

SOOS WAT EK IN VERWONDERING BELEEF DAT ANDER MOEITE MET MY DOEN,

SO MOET ANDER VERWONDERING BELEEF OMDAT EK MOEITE MET HULLE DOEN,

SOOS WAT ANDER IN HULLE GENADIGSTE TYE VIR MY DOEN,

MOET EK IN MY ONGEMAKLIKSTE TYE VIR ANDER  DOEN.

SOOS WAT ANDER MY IN MY MENSWEES AANVAAR,

SO MOET EK ANDER IN HULLE MENSWEES AANVAAR.

WAT EK ONTVANG, IS GENADE.

WAT EK GEE,

IS HOE EK DIE GENADE WAT EK ONTVANG HET, BELê. 

 

Ek dink dit is wat Jesus bedoel het. 

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DIE ANDER LEWENSWAARHEID

Jare gelede, in die 1980's, het ek 'n lewenswaarheid ontvang en by werk werksplek aangebring:

ELKE KEUSE KOS IETS, EN GEEN WINS IS VERNIET NIE.

Tot dusver het ek nog nie die uitsondering op hierdie reël  beleef nie.

Die volgende een het vanjaar in my skoot geval, want in ons eie lewe het ons soveel genade van ander ontvang.

Mense was uitsonderlik goed vir ons gewees.  Ons kinders is goed vir ons; ons kleinkinders laat ons voel asof ons saak maak.

En iewers het die volgende wete vir my onweerlegbaar geword:

 

SOOS WAT EK WIL Hê DAT ANDER VAN MY MOET PRAAT,

SO MOET EK VAN ANDER PRAAT.

SOOS WAT EK IL Hê DAT ANDER VIR MY MOET OMGEE,

SO MOET EK  VIR ANDER OMGEE.

SOOS WAT EK  WIL Hê DAT ANDER SE GEDAGTES OOR MY MOET WEES,

SO MOET MYGEDAGTES OOR ANDER WEES.

SOOS WAT EK IN VERWONDERING BELEEF DAT ANDER MOEITE MET MY DOEN,

SO MOET ANDER VERWONDERING BELEEF OMDAT EK MOEITE MET HULLE DOEN,

SOOS WAT ANDER IN HULLE GENADIGSTE TYE VIR MY DOEN,

MOET EK IN MY ONGEMAKLIKSTE TYE VIR ANDER  DOEN.

SOOS WAT ANDER MY IN MY MENSWEES AANVAAR,

SO MOET EK ANDER IN HULLE MENSWEES AANVAAR.

WAT EK ONTVANG, IS GENADE.

WAT EK GEE,

IS HOE EK DIE GENADE WAT EK ONTVANG HET, BELê. 

 

Ek dink dit is wat Jesus bedoel het. 

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  VOORREG

Watter voorreg, Vader in die hemel!

Watter ingryping en genade!

Watter eer het ons nie te beurt geval nie

toe U, die Koning van die konings,

Heer van die here

Skepper van elke sonnestelsel in die kosmos,

Bouheer van die heelal

die gevalle stofmense op planeet aarde

vereer het met die teenwoordigheid van u Seun!

 

Watter liefde, Here Jesus

watter ontferming en deernis,

watter lyding en pyn,

watter sëen en bevryding

watter verlossing en hoop,

watter opoffering en oorgawe aan die Vader se plan

het U nie vir ons gebring nie

toe U God met ons geword het

Lydsame in lyding

wat as verlosser aan die kruis gesterf

en ons ongeregtighede op U geneem het.

 

Watter sorg en bemoeienis,

watter lyding en troos

watter insig en raad,

watter wysheid en bystand

vind ons nie in u nie, Heilige Gees,

God-in-ons.

 

Ons is volledig versorg, Here.

Ons kom niks kort nie.

Daarom kan elkeen van ons bely:

Die Here is my herder.

Amen.  


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Hulle het Hom gekruisig

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Here, ek weet nou

waarop alles wat my ouers ooit was

uitgeloop het:

hulle woorde, dade, gedagtes, planne, emosies en foute

hulle beste pogings, hulle geheime dade,

hulle hele eenvoudige, ordentlike bestaan.

My ouers se menswees het by ‘n vierwoordfeit geëindig:

Hulle het Hom gekruisig.

Romeinse soldate het die Seun van God gekruisig

En dit was die Godsbesluit.

Here, ek weet nou

by daardie vierwoordfeit

het my ouers se lewe begin.

 

Here, ek weet nou

waarop alles wat my ek ooit gedoen het

uitgeloop het:

my denkpatrone, my verhoudings, my doen en late

my perfeksionistiese pogings, my broeiende gedagtes

my hele gedrewe, bekommerde bestaan.

My menswees het by ‘n vierwoordfeit geëindig:

Hulle het Hom gekruisig.

Romeinse soldate het die Seun van God gekruisig

En dit was die Godsbesluit.

Here, ek weet nou

by daardie vierwoordfeit

het my lewe begin.

 

 Here, ek weet nou

waarop alles wat ons nageslag ooit sal nastreef

lankal uitloop het:

elke slapelose uur, elke moeë jaar

 —want hulle werk hulle almal dood—

elke hunkerende kyk

na wat uit hierdie lewe gehaal kan word.

Soos wat dit met ons was, was dit reeds met hulle:

voordat hulle eensellig bestaan het

het alles lankal by ‘n vierwoordfeit geëindig:

Hulle het Hom gekruisig.

Romeinse soldate het die Seun van God gekruisig

En dit was die Godsbesluit.

 

Christogram: Kazuya Akimoto Art Museum. 

 

Here, ek weet nou

net by daardie vierwoordfeit

het — en sal— die lewe van ons nageslag begin.


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  558 DAE/558 DAYS

558 dae van hel, is die eerste beskrywing van die boek deur Yolande Korkie.

Ja, dit was 558 dae van hel gewees.

Dit was 'n tyd waarvan geeneen van ons in ons wildste drome kan droom nie.

Lank voordat hierdie boek die mark getref het, het ek al ure lank wakker gelê, geril, gebewe, geweet.  Hierdie boek is anders as enigiets wat jy al ooit in Afrikaans gelees het.  Dit is dalk anders as enigiets wat jy al ooit in Engels gelees het.  Ek het aan Poisonwood Bible gedink, aan Sermons in Solitary Confinement, aan Surprised by Joy.  Dit, glo ek, is die liga waarin Yolande se boek is.

Dit is 'n boek wat 'n mens... jaloers maak.  En woedend.  En jou oë vir die toekoms oopmaak.  Dit is 'n boek wat jou anders na enige vorm van swaarkry laat kyk.  Veral is dit 'n boek wat jou laat stamel oor God.

Hier is die uitgewersbeskrywing:  

  Twee siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie.
In hierdie roerende verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 DAE deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte reddingspoging om Pierre te bevry.
Dit is ’n ware verhaal van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is die storie van 558 DAE.
16 bladsye volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande aan Pierre is in die boek ingesluit.

 

Vandag, dae voordat 558 DAE in Bloemfontein bekendgestel word (22 Februarie), bid ek dat die Here hierdie boek tot seën sal maak. Dat Hy die goeie werk wat Hy begin het, nie onvoltooid sal laat nie.

Dat Hy vir Yolande sal dra en vashou en met sy aanvoelbare teenwoordigheid sal seën.

Maretha, 16 Februarie 2016.


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Reënblomme op die drumpel

Twee kleinkinders op universiteit... liewe aarde.  Skielik het ons nog nie genoeg gepraat nie.  Ek voel soos die ou tantetjie wat 46 jaar lank saam met 'n ander ou tantetjie in dieselfde tronksel was en toe vrygelaat is. Terwyl hulle so saam in hulle nuwe lewe uitstap, vat Tantetjie aan haar selmaat se arm en sê: "'Ek sal jou bel, hoor? Daar's nog iets wat ek vir jou wil sê."

Eintlik is daar nog iets wat ons, van wie julle weggegaan het om julle drome te gaan najaag, vir julle wil sê.  Hier is dit:  

 

Liewe studentekind  en -kleinkind
Toe die reënblom vanoggend so daar staan en straal, was daar iets van jou in haar skoonheid. Die geur van die reënblom was jou geur. Haar prag was jou skoonheid.
 
Die reënblom het vertel van die Een wat haar so perfek gemaak het. Van ‘n vroeër tyd wat so gou verbygegaan het. Van vandag, wat haar en God se dag is.
 
Die reënblom het gestraal oor ‘n goeie toekoms, want reënblomme blom in afwagting van aan die kom is: reën, verandering, oeste, groei, lewe.
 
Reënblomme jok nie oor storms vorentoe nie: natuurlik mag daar ook storms en vloede vorentoe wees. Maar God het die lewe aan haar gegee en Hy hou sy hand in goeie en slegte tye oor haar.
 
Die reënblom draai haar blom hemelwaarts, asof sy praise & worship: “Here, my God, U is hier en ek gaan lewe.”
Jy gaan lewe, liefkind.  Regtig léwe. Jy kan ook maar begin praise & worship: “Here, my God, U is hier en in u krag gaan ek lewe en blom.”
 
Dié God met wie jy praat, het jou lief met ‘n liefde waarby menseliefde nooit kan kom nie. Daarom sal jy elke dag opstaan, besluite neem, studeer en uitdagings oorkom met
  • die hande van jou Vader onder jou en oor jou;
  • Jesus, jou Verlosser, by jou; [Rom 8:35,38-39]
  • en sy Heilige Gees as jou Helper en Leier in jou.
 
Die Here God self sê vanoggend vir jou:   
“Ek weet wat Ek vir julle (almal wat Syne is) beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting.” [Jer 29:11]
 
 
Jou God is nie 'n In-die-steek-later nie, liewe kleinkind


GOD WILL MAKE A WAY, liewe kleinkind.

(Bron: https://www.youtube.com/watch?v=XJcPD4S9MkI)

 

 

Jou God is nie 'n wanhoopgewer nie.
Jou God is ewig, elke sekonde, betroubaar en betrokke by jou,
Jou God beplan goeie dinge vir jou, 'n toekoms, 'n verwagting.
 
 
Liefde, Ouma.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  In die supermark van genade

In die supermark van genade

Vanjaar was ek in die groot supermark waar alles wat geld nie kan koop nie, te vinde was; die supermark van genade.  Ek was op 'n shopping spree gewees.
Ek het ‘n rein en edel verhouding op ‘n huwelik sien uitloop:  ‘n kaalvoetbruid, ‘n bruidegom wat lank vir die regte vrou gewag het. Geluk, Thys en Mary-Lou!
Ons het in ons oornaghuisie by ons kinders ingetrek, bedags onder die groot hemel, snags veilig agter tralies en 'n hoë hek.  En veilig in diep geborgenheid en baie liefde.
Ek het ‘n ou man op die rand van Pretoria ontmoet:  sy inkomste is rommel en herwinning.  Hy het geld bymekaargemaak vir sy seun se Matriek in Lesotho.  Hierdie ou man woon in ‘n skuiling in die bos; die geld wat hy verdien, plaas hy oor in sy vrou se bankrekening.
Ek het my vriendin Nellie de Beer tagtig jaar oud sien word… en beleef wat gesinsliefde en adel en respek is.
Ons was Woordfees toe. Ons naasoudste kleindogter is voorgestel as diaken in haar gemeente.
Ons het ge-Eisteddfod en gejuig oor wat Willem Postma se senior koor in die ATKV Applous-kompetisie vermag het.
Sewentigste verjaardagfees gehou, dit ook as gesin in die Oos-Kaap gaan vier, en weer in die hemel van my kinderdae, Krakeelrivier, uitgekom by neefs wat niks ouer geword het nie, net hulle dierbare self gebly het.
Met Yolande Korkie saamgewerk om 558 DAYS/DAE te vertaal en ‘n partner vir Yolande te wees. 'n Eer!
Skoonseun Otto se groot verjaardag en aftrede te NALN beleef. En God gedank vir ‘n edel man as vader van ons drie Liebenberg-kleindogters
Ons het Dreampie sien vertrek, die verlies van ‘n dierbare, koppige, vryegees-hingsie beleef.  En ons was dankbaar oor sy nuwe tuiste.
 
Ons het ‘n Matriekafskeid beleef.  En die middernagolie van Derdejaar Medies.  Die groot vreugde van  kleinseun Johannes se Laerskool Stellenbosch Revue op Stellenbosch.  Die oproep : Ouma, ons skool se koor het gewen! R50 000 vir die skool gewen, met ‘n groot uitstappie vir die koor as beloning!  Ons het ons kleindogter Maja met miniatuurspeelgoedjies sien speel: gesien hoe sy haarself kan besig hou.  En besef wat 'n rots van 'n pa werd is wanneer 'n mamma werk.
Ons het die opvoering van DAGMAAN in kerke beleef… wat ‘n seën onder regie van Michelle Hetzell en spel deur Andre Louw en Shoeme Grobler.
Ons het Gospel-Skouspel op die verhoog en agter die skerms ervaar en ek het DJ Opperman se wederkomsgedig ontdek … onvergeetlik.
My sus Ryna het haar doktoraal in Wiskunde met lof geslaag. En dit twee jaar na die moord waarin ons geliefde Peet van ons geskei is.  My sus Adri het my met haar liefde en erbarming geseën.  
Lilian het Matriekeksamen geskryf en agterna op ‘n boot weggevaar. Maggy het haar derde jaar geslaag en saam met nege ander studente gaan vakansie hou.
Ons het die Ahn-familie uit Suid-Korea hulle klein Cho-Ahn sien doop.  En Happiness Tachivona van Zimbabwe se pad met Spina Bifida meegemaak. 
2015 was ‘n jaar van familie-ontmoetings. Van intense worsteling met 558 DAE.  Dit was ‘n jaar van droogte en stofstorms, leë wolke, gesange en psalms by die wasgoeddraad tussen die doringbome. Dit was ‘n jaar waarin die katte geelslange gevang en baie, baie akkedisse by die huis ingebring het.  Dit was ‘n jaar van verandering en onrus om ons:  ISIS, student-onrus, inbrake, plaasaanvalle.  Die veld om ons het kaal geword; daar was geen lente nie.  Die appelkoosboom het nie eens blare gekry nie. Die blare van die wingerstokke het vol gate gewaai in die woedende wind.
Otto se lewe is gespaar toe pyp van ‘n losgerukte sleepwa deur sy motor se dak is.  Op pad na Potch het God mense wat ons kinders in hulle gestrande toestand groot leed kon aandoen, in antwoord op gebed soos bliksoldate laat omswaai.  Dit was ‘n jaar vol onvoorspelbaarheid, weerloosheid en eindelose gebede.  Dit was ‘n jaar  van keuses en volharding, soos elke ander jaar.
Ek was telkens vanjaar op die plat dak van die huis om in die geloof beter voorbereid te wees op die groot reën wat nie gekom het nie. Eendag sal ons sien of die dak nog lek!  Maar ons het water uit die groot ondergrondse meer gedrink.  Ons het spinasie en roketslaai en roosmaryn uit die bandetuing geëet.  Ons het die goedheid van die HERE geproe.
En ons het geweet: die lewe het vir altyd verander.  Die magte van die boek Openbaring het losgebars in die wêreld. In ons leeftyd sien ons die tekens van die komende einde... die nuwe Begin.
Aan die einde van 2015 is daar net een wete:  God was met ons gewees, en daarom het ons die einde van hierdie jaar bereik.
 
Dankie, HERE!  Dankie.   
Wat U vir ons uit u supermark van genade gegee het, kon ons met biljoene Rande nie koop nie.  Dankie dat U ons in stand gehou het. Dat U ons elke oggend weer opgewek het.  Dat U ons snags in die skaduwee van u hand beskerm het.  Dat u mense op ons pad gestuur het wat vir ons omgegee en vir ons gebid het.  Dat U in elke donker uur van die siel by ons was, dat ons die lig in u Lig gesien het.  Dat ons seker mag wees: die deure van die supermark van u genade gaan nooit toe nie.  En wanneer ons daar instap, gee U alles wat ons nodig het, verniet vir ons. 
 
Dankie, Here.  Dankie.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  SKOUSPEL

So was ek dan Vrydag-en Saterdagaand deel van die SKOUSPEL in die Sand du Plessis Teater.  O, wat 'n voorreg om soveel passie en toewyding om my te kon beleef.  Maar groter as enigiets was die verrukking toe ons veral Saterdagaand beleef het hoe die Gees van die Here net oorneem.  Hoe niks onmoontlik was nie.  Hoe mense sing en jubel en vreesloos word.  En die wederkoms van Jesus verkondig.

Het voor SKOUSPEL nagedink oor ons geloof as kinders.  Oor nou. Oor  DAYS OF ELIJAH.  En toe op WEDERKOMS afgekom. En so het die voordragteks ontstaan:

 

SKOUSPEL

Die eensaam hemele van my kindertyd
God was aanwesig in hul dag en nag
Hy’t in hulle bloutes wolke wit soos kryt
gestapel: aambeeldtoppe... die hamerslag
van somer-donderweer teruggehou totdat
geen wese asemhaal, geen voël durf roer.
Van ster tot sidderende ster het Hy
sy magtige meetkunde uitgesprei
oor die swart vlak.  Met sy smal weerlig-lat
het Hy in nagte van rukwind en rumoer
my oë geteister waar ek lê omring
van engele — o, veilige omsingeling!
Bo in die stormwolk God die Almagtige.
Die eensaam hemele van my kindertyd  Olga Kirsch
 
Die Kersliedere van ons kindertyd
was ons eerste geloofsbelydenis
en ons het hulle onmusikaal  onbeskroomd
onbevrees en onbevange  gejubelsing.
Ons was geanker en begenadig.
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!
het Paulus oor die onbegryplike misterie gestamel.
Maar vir ons wat gesing het
was God se Seuntjie, Hy wat later Eloi, Eloi, Lama Sabagtani sou roep
werklikheid,  waarheid
sekerheid, onbetwyfelbaar
onteenseglik die Een in Wie die volle wese van God beliggaam was:
Anders as enige ander god in die hemel en op die aarde: ons liewe Jesus.    
[Kol 2:9]
 
 
 Nie uit die wit paleise nie wou Hy (uit soewereine wil)
Tot ons soort staat gebore word;
Maar, waar die Kuise en die Arme stil en buite die hotel se poort
verniet loseer het in die stal, 
Het Hy, Visarendjie van God
In ons benoude vlees ingeval.
Die eerste oë wat Hom sien
Was skaapwagters vol strooi en stof
Kras manne wat in skerms woon
En ruik na bok en rook en mof;
Na baie dwaal en baie soek
En selfs digby Herodes vra!
Kom eindelik die Wyses tóg
Met goud en wierook agterna.
Hy het sy eerste kern gekies
Nie uit geleerdes in die Skrif
Of die wat hande en borde was
Met koue voorgeskrewe drif;
maar vissers en ‘n tollenaar
dié’t Hy geroep met sagte groet:
manne met harde hande en sweet
en eelte, en ‘n oop gemoed.
En toe Hy sy groot net uit laat gooi
Regs van die boot en links en regs
Het Hy ingesleep: ‘n vreemde prooi —
‘n visvangs soos die ou Wet slegs
in skaam vermoede kon vermoed:
Melaats, besete, ryk of klein;
Sondaars van elke kleur en geur,
Maar in sy glimlag, skielik:  rein.  — Feesgedig, NP van Wyk Louw.
 
 
Deesdae, grote God van my kindernagte
Gesalfde Jesus wat my versorg en gedra en  met my gepraat het
soos ‘n Herder met ‘n lam
wat Hy liefhet en wou laat lewe—
deesdae, Here, is dit ‘n ander weerligsweep wat ons siele
binnedring en deurklief.
 
En soos stofstorms oor ‘n waterlose land
so deurwaai die rukwinde en rumoer
die wilde onsekerheid
oor wat in die toekoms die wag
die ure tussen dag en dag.
          Maar
Vanaand is die aand waarin ons
Weer ons geloof in U bely en vreesloos verklaar:
 
 
These are the days of Elijah,
Declaring the word of the Lord:  
en ons sal deur dié Brood gevoed word
                        u Woord sal ons oorlewing wees.
And these are the days of Your servant Moses,
Righteousness being restored:  
Laat U Naam geheilig word,
u Koninkryk kom en u wil geskied.
And though these are days of great trial
Of famine and darkness and sword,
Still, we are the voice in the desert crying
‘Prepare ye the way of the Lord!’...
                        want Hy sal kom; Hy sal sekerlik kom!
Behold He comes riding on the clouds,         
Shining like the sun at the trumpet call; 
Lift your voice, it’s the year of jubilee,           
And out of Zion’s hill salvation comes.
           
Nou het ons God die redding gebring,
nou is sy mag en koningskap hier,
 en die gesag van sy Gesalfde!
Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi,
 hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Hulle het self die oorwinning oor hom behaal
 danksy die bloed van die Lam
 en die boodskap waarvan hulle getuig het;
en hulle het nie hulle lewens so liefgehad
 dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. — Op 12: 10-11.
 
These are the days of Ezekiel,
The dry bones becoming as flesh, 
want niks is vir U onmoontlik nie, ook nie nou nie.
And these are the days of Your servant David,
Rebuilding a temple of praise.
My liggaam gee ek aan U as tempel van lof
En ek sal sing en sing en sing soos in my kindertyd
These are the days of the harvest,
The fields are as white in Your world,
And we are the labourers in Your vineyard, 
Declaring the word of the Lord!   — Robin Mark, Days of Elijah
 
 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word:
Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. — 1 Tim 1:15.
 
Now unto Him
who is able to keep you from falling
and to bring you faultless and joyful
before his glorious presence---
to the only God our Savior,
 through Jesus Christ our Lord,
be glory, majesty, might, and authority,
from all ages past, and now,
and forever and ever! Amen.— Jude 1: 24,25.
 
Hoe sal ons die skouspel van sy koms verwoord
Die klank van die basuine, ontoeganklike Lig oop en bloot
met die brandende heelal dof in die agtergrond?
Elke straat en struik, elke township en gemeentetjie
alles wat hier asem het en leef
Abraham, Elia, Moses, Dawid, Esegiël, Daniël
ons verste voorouers saam met ons
op hulle knieë in aanbidding?
 
God het as magtige magneet
sy vinger
deur ‘n wit wolk gesteek
dakke en bome en mense
beur en buig krom
soos alles ontspyker, ontwortel, ontaarde
na Hom.                                                   Wederkoms, DJ Opperman.

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  MY IMPERFECT CHILD

MY IMPERFECT CHILD by Claire Vath made hundreds of memories return.

To all parents who are battling, all parents whose kids do not meet their so-called milestones, to all parents of intensive parenting kids, this wonderful article by Claire Vath will be a blessing. 

 

MY IMPERFECT CHILD  by CLAIRE VATH.

Source: http://www.scarymommy.com/my-imperfect-child/

The weather was exquisite today. A breezy 65 with the sky a dizzying, unblemished blue. I set out with our wide red wagon, a cadre of sippy cups and snacks, and my two children, a boy and a girl. Just turned three and almost two; highly sensitive and sassy, respectively. And I herded them into the car to drive to the zoo—along with about 500 others also taking advantage of the weather.

As my almost two year old enjoyed the leisurely wagon ride, my son strode purposefully toward each of the animal’s enclosures, peering through the fences.

Just a day ago, he was a shrinking violet, clinging to my leg as we walked the halls of the occupational therapist’s office. We were there to get a screening after his well-meaning Mother’s Day Out teachers informed us they thought he wasn’t ready for preschool.

You see, my son, the one whose honey-colored eyes sparkle when he sees tigers and lions and giraffes, is highly sensitive and often babyish.

He turned three just two months ago. And at home, his first line of defense when something doesn’t go his way—whether it’s a cookie that fell or the way his sister looks at him—is often whining or crying.

At school, though, he makes me lean in for a hug, promise I’ll be back to get him after lunch, and goes in. He’s the quiet child who never cries, never takes toys from others. He mingles with the other kids, but he’s really there for the train tables, the playground, the books.

And when they have circle time at Mother’s Day Out and he’s called upon to stand up and be singled out, his whole body recoils. Here, at school, he folds into himself. It’s quite the transformation—a butterfly shrinking back into a caterpillar. Simply, he shuts down. His muscles tense beneath his Gymboree shirt and his mouth goes slack, creating a downturned effect.

One day, I went to observe this circle time.

“Come up here,” a teacher says gently.

He stays frozen, perhaps hoping if he’s still enough he’ll be passed by.

“Stand up,” the teacher prompts. “Okay, now walk over here.”

He does this, slowly, pathetically. Charlie-Brown-like in his saunter.

“Can you pick out the yellow triangle and put it on the board?”

Frozen again.

I am observing this classroom activity, or lack thereof, just out of sight. I nervously bite a hangnail, afraid that if I let my teeth off that flap of skin, I’ll yell out: “For the love of God, you know this! Just pick it up and do it. Do it!”

But I stand helpless, helpless. “Just do it. Do it. You know this!” I’m mentally chanting.

Frozen again. (Maybe that’s why the eponymous Disney movie is his favorite.)

“Okay,” the teacher begins prompting again. “Lean down and pick up the shape.”

Slowly, robotically, he obliges.

“Okay, now put it on the board.”

He’s gone again. Looking at the board, but his feet seem glued to the ground.

“Walk over there and put it on the board. Right there. No, there,” the teacher instructs.

He finally does and then continues standing.

“Move it!,” I will him.

“Okay, now go sit back down in your place,” his teacher intones.

He does so, his posture slumping. I can see he’s more relaxed. The pressure is moving to someone else.

I know my child. I spend all but eight hours a week without him. Those eight hours are spent at the Mother’s Day Out. The teachers don’t see him cry, they don’t see how exceedingly shy and sensitive my son is. They don’t realize just how much he shuns attention. He still clings to vestiges of babyishness in part because a baby sister a mere 16 months younger robbed him of some of the extra attention he perhaps needed. But, he also takes longer to do things because he is himself.

So, to occupational therapy we go. Just for an unbiased review.

In the therapist’s office, after I pry him off my leg, I coax my son into a little chair. The therapist has kind eyes and a soothing voice. She hands him a crayon and asks him to color. He, a left-handed child, takes the crayon in his right hand, nervously puts his left arm over his forehead and begins pathetically dotting at the illustrations on the page.

Here I am, watching him again. Another place, another room, still freezing up. This time, I’m sitting right next to him and biting my lip to keep from saying: “You’re doing it wrong.”

He’s given a list of activities—cutting, drawing, naming objects—many of which they say he does incorrectly.

But he’s nervous. I’m nervous.

The compassionate occupational therapist hands me a green sheet of paper, checking off all the improvements he needs to be on track with his peers. The term “mildly developmentally delayed” based on her assessment is bandied about.

“Does a just-turned three year old really need to be able to know how to use scissors?” I ask. Really?

But then there’s today. The present. And the zoo.

And my son is one among hundreds of kids, all elated over the slow-moving animals, the too-bright sunlight bouncing off the pavement, the shrill train lumbering down the tracks. Here on this perfect day, my “developmentally delayed son” looks the same as all the other children here.

Do they all have secret heartbreaks?

Because that’s what kids do to parents: Hurt their hearts.

But here, today, there’s something healing. Maybe it’s the electrifying brightness that gives me pause for optimism. Or the tree-fluttering cool breeze.

Or maybe, just maybe, it is my graham-crackery sweet little boy who freely doles out hugs and “I love you’s” and has a head of thick caramel curls whipped into a frenzy.

I don’t know what it is. But today, at least for a moment, I see it: The perfection in my clinically “imperfect” child.


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  OORLOG

Oorlog

?IS-verklaring uit Volksblad, 16.11.2015

This, too, will pass, het die wysgeer eens gesê.
 
Nie hierdie keer nie.  Die wêreld soos wat ons dit geken het, die wêreld wat ons verken en bereis het, het vir altyd verander.  Van 2015 af word die ou wêreld senuweeagtig gepatrolleer deur soldate in swart en blou.  Van nou af klink die woord, “oorlog” uit Europa op.  Van nou af, sê hulle wat op hulle uur en tyd gewag het, moet die aarde gesuiwer en skoongemaak word vir die heerser van die nuwe ryk.
 
This, too, will pass, het die wysgeer eens gesê.
En dit sal.  Die geleentheid om ons kinders en kleinkinders met die wapenrusting toe te rus wat hulle vir die tyd van die nuwe ryk nodig gaan hê, is aan die verbygaan.  Want so word die tyd van die nuwe ryk aangekondig:
 

 So sê God se Woord 

 Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 
 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 
  Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 
 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. 
  Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 
  en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 
  Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 
 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 
 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges   

- Ef 6: 10-18.

Here, help ons om ons kinders aangetrek en toegerus te kry.  

?
 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  BESTAAN DIE MOOISTE GEDIG VAN ALLE TYE?

Bestaan daar 'n mooiste gedig van alle tye?

Soms dink ek ek het dit gevind, soos vanoggend:

Those Winter Sundays
Robert Hayden, 1913 - 1980
 
Sundays too my father got up early
and put his clothes on in the blueblack cold,
then with cracked hands that ached
from labor in the weekday weather made
banked fires blaze. No one ever thanked him.
I'd wake and hear the cold splintering, breaking.
When the rooms were warm, he'd call,
and slowly I would rise and dress,
fearing the chronic angers of that house,
Speaking indifferently to him,
who had driven out the cold
and polished my good shoes as well.
What did I know, what did I know
of love's austere and lonely offices?

 

En vanoggend weet ek: vandag sal hierdie gedig vir my die mooiste wees.


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  SONDEBELASTING OP NIE-INHEEMSE TUINE

SONDEBELASTING OP NIE-INHEEMSE TUINE
Abraham van Waterwese kom die onderaardse watervlak op Patmos, 14 km. buite Bloemfontein, meet.  Hy doen dit met groot implement wat hy oor sy skouer na die watervlakpeilingsboorgat dra.  Ek wil nie met Regeringsamptenare se werk inmeng of soos ‘n nuuskierige agie lyk nie, maar ek wens ek kan saamstap en kyk hoe hy dit doen. Aspekte van die nuuskierigheid was egter al nie-onderdrukbaar.  “Hoe diep is die onderaardse meer hier onder die plase en kleinhoewes van die gebied wanneer dit heeltemal vol is?” het ek hom al gevra.  Sy antwoord het my verstom: “Sestig meter.”
‘n Watermassa van sestig meter diep, hier in die kom aan die noordekant van die stad?  Watter seën!  Watter genade dat ou-ou water, wat van die skepping af daar was, hier onder ons en die bure se grond gestoor word!  Watter duiselingwekkende gedagte dat die mensdom nooit meer water of minder water as wat daar in die watersiklus is, sal hê nie, en dat daar ondergrondse stoorplekke vir dié onontbeerlike gawe van God, die Skepper, is!
 
Desember verlede jaar vra ek weer vir Abraham: “Wat is die watervlak nou? ”
“Negentien meter,” sê hy. “Dit is droog, die reën bly weg.”
‘n Maand of twee gelede vra ek weer.  “Dertien meter,” sê Abraham.
Hy was twee weke gelede weer hier met sy apparaat. Ek was te bang om te wag dat hy weer by die huis moes verbyloop, sodat ek hom kon vra.
 
Die waters van die aarde is nog daar, deel van die watersiklus. Dit sal nooit meer of minder word nie.  Maar een deel van die totaalvolume is nie meer in ‘n onderaardse meer van sestig meter by wie weet hoeveel en hoeveel meter hier onder Patmos en die ander hoewes en plase van ons gebied nie.
 
In ‘n tyd soos dié praat ons van droogte en watertekorte waaronder ons streek gebuk gaan.
In ‘n tyd soos dié praat ons oor wat water vir die mensdom is, dat dit nooit meer of minder gaan word nie.  Dat dit kan wegraak uit ‘n streek, dat water kan skuif.
Dat ons in ons leeftyd rentmeesters is, versorgers en bewaarders van hierdie lewensnoodsaaklike skat, erfporsie van die mensdom,  die element en lewensmiddel wat nooit meer gemaak kan word nie.  Dit kan skuif, ja, na nuwe opgaardamme. Dit kan skuif, ja, van onder ons grond uit na ‘n wolk bo Tokio. Dit kan skuif, ja, uit die Vaalrivier na ‘n onbekende nuwe opgaarplek. Dit kan van vorm verander: Noordpool-ys kan smelt, kuslyne kan verander, tsoenami’s kan aanrol... maar daar kan geen druppel daartoe toegevoeg word nie.  Dit kan besoedel en vergiftig word, en ons kan dit ondrinkbaar maak. Dit kan ons beslis doen.  Ons kan met ons een enkele oeroue watervoorraad agterbly, en dit kan onomkeerbaar besoedel en ondrinkbaar wees.
 
In ‘n tyd soos dié praat ons van belasting. Sogenaamde sondebelasting word op sigarette en drank gehef.  Goed, so, kry die Minister van Finansies jaarliks applous van dié wat nie rook en drink nie. Maak die belasting nog hoër, verhoog dit gerus!  En dan gaan ons wat nie rook en drink nie, buitentoe om die sproeiers te gaan aanskakel of die sproeiersisteem te gaan aktiveer, want die grasperk lyk nie goed nie. Ons gaan draai die krane oop om die rose, dahlias, affodille, al ons besonderse struike en plantjies, al ons blommetjies en sorgvuldig gekoesterde English country garden-akkertjies met hulle dekoratiewe fonteintjies daarin te gaan natmaak en natlei en water gee.
 
Hennie kom nou die dag by die huis in. “Jy weet,” sê hy vir my, “die Minister van Finansies moet sondebelasting op nie-inheemse tuine instel.  Water is vir almal.  Water is vir die kweek van kos, vir mak en wilde diere.  Water is vir die natuur, vir die behoeftes van elke streek. Water is vir ons almal se nageslag. Vir  voëls en spinasiebeddings, vir die perskebome wat by HOP-huise geplant word. Water is vir die behoud van lewe.”
 
Hier oorkant ons, by die afgebrande huis, blom die aalwyne nou vlamrooi. Niemand het hulle ‘n druppel water gegee nie en dit het nog nie gereën nie. Die doringbome om ons word groen, die botterblomme en klein, pienk blommetjies blom in die veld.  Die prieel loop uit;  die swaeltjies is terug.  Die veld is kakiebruin van die droogte, maar wat hier hoort, blom en gedy.
 
Sal ons die boodskapper stenig, die fluitjieblaser se nek omdraai oor sy voorstel?
Wat sê jy?
Skryf vir ons! seker7seker@gmail.com 
 
 
 
 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Bloemfontein, EERSTE MINUUT VAN LENTEDAG 2015

BLOEMFONTEIN, EERSTE MINUUT  VAN LENTEDAG 2015
 
Ek het vannag onder die sweepslag van die weerlig wakkergeskrik
Slegs sink en u tyd tussen my en die dood.
Ek het om middernag
water op dun metaal hoor hamer
en die elektriese storm
wild in die ruimtes hoor brul.
O, Onontbeerlike
hamer hamer hamer hamer tog tot dagbreek toe.
 
Die storm en die onontbeerlike
het ná ‘n enkele lekveeg oor die landskap
weer lug-op gegaan.
 
O, HERE, dit is ek wat hulle in my verset teen U
ver bo die verdorde aarde help hou. 
 
Maretha M, 1 Sept 2015. 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  KORTPAD-ANTIE SE BOTTERTOFFIES

Kortpad-antie se 2-minute Bottertoffies
 
“Is hier nie dalk iets lekkers om te eet nie?” vra die moeë, troossoekende stem in my kop (of hart?)
Kyk, baie soorte kos is vir my lekker om te eet:
 
GROENTESOP. Bo-aan die lys is dik, stadig gekookte groente-en-biefsop uit 'n groot pot, nie uit 'n pakkie en ketel nie. Bief- of osstertsop, spesifiek, nie hoendersop nie,  dit smaak soos hoenders.  Maar geurige beesvleissop met seldery, rape (geen aartappels nie), tamaties, pietersielie, wortels, prei, sampioene, rooi lensies en wie weet wat daarin — alles vars, alles self gekrap, gekerf, gesnipper, gegeur en geskil—  vrou, dit is koningskos saam met 'n kaasbroodjie.  Dit is goue medalje-kos, die kampioen van koskampioene.
SJOKOLADE:  Sjokolade is die beste kitskos, onontbeerlik vir geluk en stille vrede, veral onontbeerlik vir mense wat by 'n gesonde eetplan hou.   Een blokkie sjokolade soggens, een saans, en jy kan maande lank reg bly eet: groente, vleis, vrugte, groente, min suiker, min verfynde koolhidrate.  Sjokolade haal ontbering uit verstandigheid, knaende obsessies uit leefstylaanpassings en die angel uit die wreedheid van 'n bepaalde dag.  Vir dié noodsaaklike kossoort sal ek lewenslank lief bly!
GRIEKSE JOGHURT met vars, soet peertjies en stukkies nartjie daarin gesnipper. Geen suiker nie.  Die kombinasie van geure is in volmaakte balans.  Dit is goedvoelkos:  jy voel so goed omdat jou nagereg so gesond en interessant is.  Jy voel goed wanneer jy van die tafel af opstaan.
 
Maar soms kom daar 'n Vrystaatse dag sonder son.  Wonderlik, iets anders. Dit voel soos vakansie in  Ierland, maar almal praat nog Afrikaans om jou en die katte is ook nog hier.  Dag twee sonder son en met 'n koue wat in jou bene opgaan, breek aan. Gister se wasgoed is nog nie droog nie en klap jy die laptop toe, kom Mathata daarop sit, vir die laaste hitte uit die masjien.  Die derde Ierse dag breek aan, die gasverwarmer se gas raak op met 'n onheilspellende geprut.  Die gashandelaars gooi hande in die lug:  die hele Bloemfontein het voor jou kom gas koop, en die laaste 400 voor jou het met leë, blou hande omgedraai.
 
Dan begin die moë, troossoekende stem in jou vra:   “Is hier nie dalk iets lekkers om te eet nie?”
Nee, nie gister se groentesop nie.
Nee, nie die joghurt-ding nie, dis te koud daarvoor.
Nee, nie sjokolade nie,  dit word gerantsoeneer en om dit uit die fles te steel, is 'n misdaad.
 
Maar kortpad-antie het 'n lekker ietsie in die kop:  sy kan bottertoffies maak, 2-3 minute vir die hele prosedure.
 
KORTPAD-ANTIE SE 2 MINUTE BOTTERTOFFIES
  • Kry vir jou 'n koppie.
  • Skep een desertlepel botter (gelyk geskraap) daarin.
  • Skep 2 desertlepels bruinsuike by.
  • Sprinkel 'n klein bietjie sout daaroor.
  • Drup een drupel vanilla- of amandelessens daarop.
  • Skep een desertlepel volroommelk daarby.
Sit die koppie in die mikrogolfoond, skakel aan en hou die koppie deur die venstertjie dop.
Wanneer die mengsel begin borrel, is jou bottertoffies byna gereed.
Haal uit, roer.  Die kleur moet goudbruin wees, nie bleekbruin nie en hopelik nie sjokoladebruin nie, alhoewel beide steeds heel lekker smaak.
Wanneer die mengsel die kleur van jou keuse is, skep teelepelsvol op 'n kleinbordjie uit.
Laat afkoel.  Geniet.
 
Ns. Kortpad-antie maak soms op 'n Sondagoggend 'n kooksel hiervan vir klein kindertjies by die kerk.  Dit moet ook mos vir kinders soet en lekker wees in die huisgesin van die Here…?
 
Vir dieper, blywende troos, lees JESUS IN DIE OPELUGHOSPITAAL.  Klik sommer hier: http://www.seker.co.za/default.aspx

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  WAT JOU SIEL LAAT SING, IS JOUNE

Wat jou siel kan laat sing, is joune.
 
Dit waarteen jy vaskyk, het ons al keer op keer beleef, bepaal wat jy dink, die inhoud van jou denke.
Ons ry gereeld by sekuriteitsoorde verby waar daar van die huise aan alle kante toegebou is. Meenthuis voor jou voordeur, meenthuis links, meenthuis regs, meenthuis waar jy jou agterdeur oopstoot.
Waar om die son in die middelste meenthuis in? wonder ek ewe gereeld.
Nooit kyk die eienaar van daardie middelste meenthuis in geel lig, in 'n dagbreek of sonsondergang in nie.  Daar moet dus mure in so 'n kop opgaan, want dit waarteen jy vaskyk, bepaal wat jy dink.
 
Dit waarteen jy vaskyk, bepaal telkens ook hoe wyd en ver jy dink. Dit waarteen jy vaskyk, bepaal telkens weer die reikwydte van jou denke:  hoe ver jou verlange gaan, hoe groot jou verwondering is, hoe laag jy voor die Here wil neerval.
 
Ons hang ons wasgoed elke dag aan wasgoeddrade waarvan die stutpale soetdoringbome is. Kom die lente, ontplof die stutpale van geel blommetjies.  Dan sak wit skoenlappers en heuningbye op die stutpale toe; dan klouter groot, lieflike swart boomkewers op die takke rond.
 
Elke dag staan ons oor die groot grasvlaktes om ons en kyk. Nou, in die winter, is dit asof ons op 'n kakiekleurige mat staan, een met die blou tentdoek van die hemelruim daaroor gespan. Na alle kante strek die vlaktes.  'n Paar kilometer verder beoefen kunsvlieëniers elke naweek hulle kuns. Van die lughawe se kant af trek stralers so nou en dan 'n wit streep deur die lug oor ons grondjie. 
Ons grondjie is net 'n paar hektaar groot. Daarvan het ons kaart en transport.  Die vlaktes om ons behoort aan ander;  slegs met ons oë mag ons oor hulle grond stap.  En tog, weet ons nou, besit ons die volle ruimte hier:  al die skoonheid, al die stilte, al die vrede;  die volle hemelruim, die maan en sterre, die sonlig en die vlaktes van horison tot horison.
 
Wat jou oë kan inneem, wat jou hart kan bly maak, wat jou siel kan laat sing, is mos joune.
 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  HUIS AFGEBRAND? ANTIE LIKE DIT.

HUIS AFGEBRAND?
AGTERSTE ANTIE LIKE DIT !
 
Die agterste antie, sê die toergids, sal dalk ook uiteindelik op die bus kom. En hy sug diep, want die agterste antie lyk verlore in die groot en vreemde wêreld waarin die jonges so gemaklik en moeiteloos rondloop, selfs op vier en 'n half.
So staan die agterste antie verstom na die likes op Facebook en staar. Mense like ander se webwerwe. Hulle like dit as iemand 'n lekker resep met ander deel. Hulle like dit as iemand skryf haar ma is oorlede, haar nefie is vermoor,  sy is met kanker gediagnoseer. Sommige skryf persoonlike boodskappe, ander like haar inskrywing net.
So kry sy ook boodskappe in haar e-posbus: Like my webwerf.
Nou kom die antie uit die beskeie periode van nederigheid en nie-voor-op-die-wa-wees nie. Beskeidenheid is 'n deug, om jouself soos 'n jakkals wat sy eie stert prys, op ander af te dwing, is gewoon ongemanierd en baie verkeerd.
“Antie! ” roep die toergids. “Kom, jy gaan die bus verpas!”
Antie verstaan niks nie.  Mense wil op Facebook gelike word. Kry hulle te min erkenning?  Voel hulle misken?  Het ons soveel ongerekende mense in die land dat almal nou deur almal gelike wil word, en dit onbeskaamd vra?  Like my?
Onderskei mense nie meer tussen pyn en prestasie nie?  Mense like sowel velkanker as akademiese prestasie, 'n verkoueverslag sowel as 'n mooi foto.
“Antie! ” roep die toergids. “Kom, jy gaan die bus verpas!”
Antie het klaar die bus verpas.  Nou verstaan sy niks meer nie.
Sondag, terwyl Antie koppies na die Kerk se Sondagtee drink, vra sy vir Mariana, wat altyd baie sagter as die toergids reageer: “Mariana, weet jy dalk hoekom mense so aanhoudend vra dat ander iets wat hulle op FB sit, moet like?”
Mariana kyk sag, sy praat sag:  “As jy iets like, Antie, gaan jou like-aksie na almal in jou FB groep.  Hulle sien dit wat vir jou belangrik of goed of nuus was. Hulle sien waarvoor jy omgee.”
Antie staar haar aan. Like beteken dus nie net like, soos in like nie.
Like beteken dus nie dat Antie, soos 'n goeie onderwyseres, 90% of 100% aan die FB-vriend se inskrywing toeken en, soos 'n goeie juffrou, net die allerbeste inskrywings kies om privaat aan die FB-vriend erkenning daarvoor te gee nie. Like is nie 'n private kompliment nie.  Like beteken: SIEN DIT OOK RAAK, vriendekring. Like beteken: Hierdie is seer, hier is lyding, hier is iets pragtigs, hier is iets opbouends, hier is iemand vir wie julle ook kan bid. Like beteken: hier is 'n internetskakel na 'n nuwe besigheid van een van ons vriende. Hier is adel, verlies, dood, nuwe lewe.
Like beteken: stuur hierdie nuus gou die wêreld in.  Laat ander kennis neem van wat hier gebeur. Like dit, dan kan dié wat die nuus kry, dit dalk ook like en die nuus in ander vriendekringe verkondig.
“Antie! ” roep die toergids. “Kom, jy gaan die bus verpas!”
Mariana vat vir Antie aan die arm. “Oppie bus, Antie,” sê sy vrolik. “Like tog Andrew Murray gemeente se Facebookblad?”
“Ek sal,” sê Antie. En daar gaan die bus, Antie uiteindelik ingelig daarop.
 
 
Opmerking, want Antie se oë makeer min: Kyk lank na die prentjie.  Soos met LIKE is daar verbasende dinge in hierdie wêreld.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  ELKE KEER

ELKE KEER

Elke keer voordat die total blackout gekom het,

Het U gekom, my God

en was daar lig.

Elke keer voordat alles gesterf het

het U gekom, my God

en lewe teruggegee.

Elke keer voordat alles verwoes is

Het U gekom, my God

en met herstel begin.

Elke keer voordat ek in die diep waters versink het

het U gekom, my Heer

en u hand na my uitgesteek.

Elke keer voordat ek die regte pad verlaat

En bestemminglose doolhowe binnegegaan het

Het U gekom en agter my gepraat:

“Hier is die pad, loop hierlangs.” (Jes 30:21.)

 

En elke keer, al die kere

voordat ek U, my Krag en my Redder,

my Hoop en my  Waarheid

my God en my Here

van aangesig tot aangesig sien

sal dit so wees.

 

Vir 'n Bybelstudie oor Algehele Kragineenstorting, klik hier:

http://www.seker.co.za/Default.aspx

Of hier: http://www.seker.co.za/Verniet.aspx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DAG VAN DIE SEUNTJIE TUSSEN DIE BUISE EN DIE WIT HUSKY

Gisteroggend was alles so buitengewoon normaal gewees, so stil en oop vir skryf en werk en rustig leef.
Wat sou hierdie dag inhou? Het ek byna bekommerd gedink. Buitengewone normaliteit is nie juis ons styl nie.
 
Wasgoed gewas en alles aan die lang wasgoeddrade tussen die doringbome opgehang. Hennie het kom help. Om ons was die vlaktes, kakiekleurig op die vooraand van die winter. Die perde het hoorbaar in die lang gras anderkant die kampdraad gewei. Buurman Kobus se lammers het na die ooi geblêr; sy het met 'n diep uhm-uhm-blêr geantwoord.  Naby ons het 'n bloukransvoël op lang bene geland. Bo ons was die hemel blou en vogloos, skreiend mooi, want dit is droogtetyd en die boere trek swaar.
Dit is net 'n wonderlike rustige werksdag, het ek gedink.
 
Toe kom die buurt se groepsboodskappe per Whatsapp. Hoe laat is dit beurtkrag (nie-krag!) hier by ons in die veld?
Ek blaai terug: die storie van die wit Husky met die blou oë wat nou al drie weke lank hier op die grondpaaie ronddwaal, spook by my. Aan wie behoort sy? Hoe het sy hier waar dit wyd en oop is, beland?  Waar dwaal sy vandag rond, die arme ding?
 
Nog 'n boodskappie in die groepsposbus:  Bid asseblief vir my kleinseun, Ruan. Hy ondergaan more 'n opehart-operasie.
My hart mis 'n paar slae. My agtjarige kleinseun speel rugby, doen atletiek, skryf vraende briefies as ek nie gou genoeg op sy e-pos reageer nie: “Waar is jy?” Ina Kruger se kleinseun ondergaan 'n opehart-operasie.
 
Ek skryf terug:  “Hoe laat, more?  En hoe oud is hy?”
Sy antwoord:  “Sewe-uur, more (26 Mei 2015.) Dit is 'n elf uur lange operasie.  Hy het reeds 12 hartoperasies ondergaan. Hierdie is sy vierde groot een. Hy is sewe jaar oud. ”
 
Sy heg 'n foto aan: seuntjie tussen pypies en buise, een of ander wit apparaat (pasaangeëer?) tussen die handjies.  Hy het 'n sweetpak aan, soos ons kleinseun voor rugby. Maar die ogies is anders. Johannes s'n blink van vrolike afwagting. In hierdie kind se ogies is die swaarkry van sewe lewensjare vasgelê.
 
O, Here, onse Here... help hierdie kind, sy ouers, grootouers en geliefdes!
 
Ons ry stad toe vir die nag, stoot die hekkie na ons stads-kothuis oop. Langsaan, in die kinders en kleinkinders se huis, skakel iemand die eerste lig aan. Ons het nie-krag hierlangs netjies gesystap!
Wolfie, die Labrador, wag ons nie in vir sy snytjie brood nie. Hennie ontdek waarom: “Wolfie het 'n maatjie.”
'n Maatjie?
“'n Ander hond,” sê Hennie en gaan skakel die TV aan.
 
Die ander hond interesseer my.  Hoe het die ander hond hier ingekom? Het ons kleinkinders sowaar, naas die hamster, die kat, die Labrador en Carlos, die miniatuur-asempie van 'n miniatuur-hond, 'n verdere dier bygekry?
Ek hoef die ander hond nie te soek nie. Wolfie is buite homself; uit sy vel uit.  Die ander hond vlug beangs voor hom uit, om en om die kothuis.  Die ander hond lyk soos 'n beangste wit streep met blou oë.
 
Daar is sekerlik meer as 'n miljoen huise in die stad.  En waarskynlik 'n duisend strate en stegies. Daar is twintig of meer woonbuurte.
Die wit Husky met die blou oë, die een wat ver buite die stad op die grondpaaie rondgedwaal het,  hol in sirkels om ons kothuis in die stad, Wolfie agterna.
Die rustige dag sterf met kleinkinders wat die wit Husky deur die huis na die voordeur en via die voordeur na die voortuin sleep, pleidooie om haar te mag hou, naamgewing (sy heet nou Snowy). Dit eindig in 'n raaisel: hoe het Snowy in die erf met sy drie meter hoë duiwelsvurk-omheining ingekom?
 
Dit eindig in gebed vir 'n sewejarige seuntjie met jare se lyding in sy kinderoë.
Here, onse Here, hou vir Ina Kruger, haar kleinseun en almal wat hom liefhet, vas.
Laat daar vir hulle 'n normale dag aanbreek. Asseblief.
 
Ns. Vanoggend was die wit Husky nie meer daar nie.  Sy het verdwyn, hoe en wanneer weet ons nie.
Maar ons het haar gesien. Ons het aan haar maer, vuil lyf geraak.  Sy het Snowy geword en in ons oë gekyk.
En Ruan het sewe-uur sy Pre-Med gekry, laat Ina weet.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  KUNSWEDSTRYD

 
Kunswedstryd
Onthou toe mos  vanoggend: ons was sulke vreesbevange kinders gewees.  In die Bybel staan dat daar verskriklike dinge op die pad van oumense is (dat hulle bang is vir val en struikel en honde wat teen hulle opspring, motorfiets wat hulle kan omry, skat ek).  Maar vir óns generasie was daar ook verskriklike dinge op die pad van grootword.
·Ons was bang vir die skoolhoof.
·Ons was bang vir musiekeksamens en vir die eksaminator. (Hier was ons so bang dat ons kon beswyk.)
·Ons was bang om vir ons ouers te sê van ou mans wat vreemd optree.
·Ons was bang om met grootmense oor gay outjies in die skool te praat. Oor hoe hulle gespot word. Oor hulle plek tussen ons.
·Ons was bang vir verloor en misluk, vir byname, vir foute maak.
Hoekom?
Dalk was dit maar net die gees van die tyd waarin ons geleef het.
 
So gaan ons toe verlede week kunswedstryd toe, hier in Bloemfontein. As die deelnemers bang is, lyk hulle nie so nie.  Wanneer Anton Esterhuise simbole aankondig, gesels hy met die kinders. Soms neem hy voor die klavier stelling in om vir hulle te speel wat hy bedoel.  Daar is geen vernedering nie, net rustige, deurdagte wenke en aanbevelings.  En genoeg lof vir wat goed was.
 
Eers wanneer dit jou kleinkind is wat soos 'n maer kuikentjie daar voor die beoordelaar staan, besef jy wat woorde en 'n atmosfeer aan 'n kind kan doen.  Jy sien die koppie knik. Jy sien die blou oë so stip gerig op die man wat talent, ure se oefen en volgehoue toewyding evalueer.  Jy sien die glimlag met die terugkomslag.
 
Jy loop uit die saal uit en jy weet:  hulle sal nie bang wees nie.  Nie vir nog musiek, nie vir nog blootstelling nie.  'n Beoordelaar vir wie dit om die kinders gegaan het,  het die simbole — en 'n stukkie toekoms sonder vrees — daar langs die klavier uitgedeel.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  MMUSI MAIMANE'S OPEN ARMS

Mmusi Maimane se oop arms

Mmusi Maimane's open arms
Foto-erkenning:  Nasief Manie/Foto24
 
Hoeveel dae is dit nou dat ek aan dié Sondag dink?   Nee, nie Sondag, 10 Mei 2015 nie: 'n vroeëre Sondag. Dit was my blombeurt in die kerk.  Het die laaste Afrikaners in die plaastuin (hiperbool!) gepluk en kerk Mmusi Maimane. Picture: Nasief Manie/Foto24toe geneem.   Met geplukte Afrikaners, 'n sinkplaatpat en min blomdoenvaardighede gaan diens 'n mens die blompot ter plaatse, voor in die kerk, hopelik voordat die ander kerkgangers opdaag.
 
Ek druk Afrikaners tussen die loof in.  Hoor skielik kindervoetjies, die geluid van hardloop,
Nog skaars omgedraai, toe het die twee dogtertjies my reeds om die lyf beet: ''Hi, Tannie!   Hallo, Tannie!"
Hulle is nuuterig in die gemeente, kom saam met hulle ma, 'n enkelmoeder wat in 'n woonstel naby die kerk bly. Daar is min wat inspireer in dié omgewing. Snags staan die vroue van die nag op straat en maak die uitlanders se nagwinkeltjies oop. Min mense sal hierdie omgewing huis wil noem. Om van kinders hier grootmaak nie eens te praat nie.  Jy kyk die kafees en klein winkeltjies, die advertensieborde van die omgewing so, en jy vertrou net die nuwe megamotorhandelsaak met sy indrukwekkende vertoonlokaal.  Wat word regtig in al dié plekke verkoop, bedryf, beplan en uitgevoer?
 
Die twee dogtertjies uit dié omgewing het my om die lyf beet. ''Tannie, ek kan nie wag vir Sondagskool nie!  Tannie, dis lekker hier!''
 
Ek maak my arms wyer oop en druk hulle teen my aan: "En ons is so bly julle is by ons!'' 
Die week daarna koop ek jellielekkers en sit dit in my handsak. Sondag gaan ek dit vir hulle gee. Daardie ou twee lyfies teen myne... daardie sekerheid dat hulle in ons gemeente mag tuiskom...
Sondag sit net hulle ma agter in die kerk, haar oë asof vir ewig treurig.  Hulle is weg, Gauteng toe. Hulle is in 'n Plek, bel elke aand, sukkel om aan te pas.
O, HERE, wees by daardie twee dogtertjies in die Plek.  En laat hulle tuiskom by U!
 
 
Sondag, 10 Mei, sê die nuwe leier van die DA, Mmusi Maimane dat sy party 'n tuiskomplek vir alle Suid-Afrikaners moet wees wat eenheid, nie verderling nie, begeer. Vir almal wat in waardes glo. Vir mense wat skole wil bou en geleenthede wil help skep.
 
Het ons wat Afrikaans praat, ons wat gevoel het asof ons ook in 'n woonstel vasgekeer is in 'n omgewing waarin ons nie ons kinders wil grootmaak nie,  in ons gees na 'n jong man wat so praat, gehardloop en vir hom gesê:  "Dis lekker hier...?''
 
Om ons sê talle mense dit.  Dit is lekker om te wees waar ander omgee.
Dis vreeslik om te wees where nobody could care less.

Ver buite politiek, die kerkmure  en die ruimte by die blompot:  Here Jesus, U het kinders omhels en die randfigure aan U laat raak.  U het u arms toé so oopgehou. U doen dit nog vir my.  Help my om my arms oop te hou, sodat ander kan sê:  ''Dis lekker hier waar U onsigbaar teenwoordig is."

 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  WELVOORT OF RYKDOM

Welvaart of Rykdom?

"It is not a sign of wellness to be adjusted to a sick society.''  

Wow. Gistermiddag staan ek onder die hemelkoepel en die bruinrooi wingerdblare en ek bid hardop boontoe: "HERE, baie, baie, baie dankie vir wat ons uit u hand ontvang het.''
Ek kyk om my rond. Sementdam se wal in die proses van krake uitkap. Victoria, die kat van die afgebrande huis langsaan, op die huis se plat dak. Sy weet daar is muise in die plafon.  Ons weet dit ook. Hulle vreet hulle pad langs die geyser oop kombuis toe, waar hulle snags verder aan enige ryp vrugte op die tafel vreet.
 
Ek loop om die huis. Daar is twee ou tafels, planke, 'n muursok, blikke, emmers, optelgoed. Die klein swart skroefies, die kragskroewedraaier, die elektriese boor, die klamp waarmee mens planke in plek hou wanneer jy hulle met die kragsaag deursaag.  Ek los hulle sommer daar, want daar is nie reën in die vooruitsig nie.
 
Hoekom is dié lewe vir ons so lekker dat ons soms saans nie aan die slaap kan raak nie, so vol is ons van die vreugde van die lewe?
Is dit die uitdink van planne, die kreatiwiteit, die tevredenheid wanneer 'n palet (pallet) 'n rak geword en ek dit met optelplanke en swart skroefies en die kragskroewedraaier gemaak het?
 

Hoekom maak al hierdie dinge mens se gelukkig?

 Ek het dié video gesien en die stelling het my getref: It is not a sign of wellness to be adjusted to a sick society. Het gaan insit by die bespreking, en dit uiters interessant gevind.

Van die deelnemers het oor fases in 'n mens se lewe gepraat: youth on the frontline, retired living, nuwe tye.  Daar is 'n regte oomblik om dinge te ignoreer, om besluite te neem. Om die status quo te aanvaar of te verwerp.

Rykdom begin wanneer 'n mens dit begin raaksien, jou hand daarna uitsteek en oorvloed raakvat.  En dit is rykdom om in 'n kringetjie te gaan sit en te luister na mense wat dieselfde taal as jy praat.

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  VROLIK IN DIE SEMENTDAMSLIK

 
Gister, op Vryheidsdag, het ons gewerk, ek voor my rekenaar, Hennie voor syne. Twee keer, wanneer ons skouerblaaie styf raak van stilsit, het ons in die leë sementdam ingeklim om dit verder skoon te maak. Dae lank skep ons nou al tien jaar se slik daaruit, sodat ons by die krake wat die dam laat lek, kan uitkom. Gister kon ons die rubberbesem en kragblaser ingespan om by die damvloer en die krake ontbloot te kry.
 
O, die heerlikheid van sulke werk! Dit is deel van 'n selfdoen-, altyd-aan-die-heelmaak-, planmaak-, herwinnings- en skeppende leefstyl.
 
Hoekom werk sommige van ons ewe vrolik in gladde dam-slik? Hoe word 'n mens so? Hoekom bly jy so?  Mind over matter — wil bo wete?
 
Moet darem sê: vrolikheid in dam-slik is nie alles wil bo wete nie.
 
Soms moet 'n sies!-ding uitdroog, sodat jy kan sien wat dit werklik is. Toe die eerste paar skopgraafskeppe van tien jaar se ag-sies! slik oor die damwal gegooi is en 'n ruk in die son lê en bak het, ondergaan dit toe mos 'n metamorfose. Dit word gryswit, reukloos, lig soos karton. Met die water daaruit, is dit niks anders as gekompakteerde gryswit skywe nie.  Wat in die ligte slikskywe is, sou ek graag wou weet.  Is dit kalk? Sand? Vis-en paddamis?  Maak dit grond vrugbaar of dood, soos growwe sout?
 
Vir 'n vroliker gemoed moet  'n sies!-ding soms eers 'n rukkie lank aan die ander kant van die damwal lê. 'n Vrou raak vrolik vir vieslike werk as sy weet die vieslike goed waarmee  sy werk, word onskadelik en reukloos in die son, net anderkant die damwal.
 
Maar vrolikheid vir vieslike werk het ook sy eie storie. Toe ons nog kinders was, het ons pa 'n rommelwerf gekoop. Ek weet nou dit was soos 'n skatkis vir hom.  Ek moes (en wou) kruiwaens vol scrap van die buitewyke van die dorp na ons huis stoot. Rommel by die huis, het hy nuwe dinge daaruit gemaak: biltongkerwers, 'n tweesnydende swaard, hoenderhokke, sluise vir die leivore. Ek het nie eens agtergekom wat hy in my vaslê nie. Hy het sekerlik ook nie geweet dat hy iets in sy kind ingraveer nie: iets van sy eie wese.

Ons doen dit almal, en weet dit nie.
Ons doen dit heeltyd, en kyk die gravure, die pen of spyker in ons eie hand mis.
Ons is gegraveer met die menswees van dié wat ons grootgemaak het.
Ons kinders en kleinkinders word graveer met ons menswees.
 

Vanoggend se Kaapse Kansel-Bybelstudie, weet ek nou, het gister in die leë sementdam begin.

Gisteraand, toe ek sien en hoor hoe die Staatspresident van ons siek land praat. het dam-slik en gravure en die vraag oor ons toestand alles in Skriflig ingeskuif.  Om  uit te kom by WAT DINK DIE HERE OP VRYHEIDSDAG IN SUID-AFRIKA... EN HET DIE PRESIDENT SNERT GEPRAAT?  klik hier: http://www.seker.co.za/default.aspx
 
 
 
 
 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  ANONIEME TYDBOM

So dink ek toe dit gaan oor 'n rugbyspeler, dié voorblad-nuussnoepsnit.

Bomme rondom rugbyspelers is nie my cuppa nie, dus lees ek so byna-byna by die berig op bladsy twee verby. Maar skielik sien ek die naam.  Ek het al so dikwels met die geestelike leier rondom wie daar 'n bom gebars het, kontak gehad. Ons is by die ken-mekaar-goed vlak van kommunikasie en kontak.

Ons is almal diep verdorwe; die ou natuur sit vlak.

Hoekom nog 'n keer?  skree dit vroom (????) in my. Nog 'n klad op die Kerk se naam. Nog 'n skande, nog 'n skade. Het ons nie genoeg van aantygings teen geeslike leiers nie, genoeg Huisgenoot-stories, genoeg ongeloofwaardigheid nie?  Het ons nie genoeg valsheid en bedrog oral om ons nie?

Vroom, vroom... Allesbehalwe vroom, allesbehalwe reg.

''Ek glo dit nie,'' sê Tweedekleinkind, die fiercely independent one, die een wat net feite glo en altyd regverdig dink, dikwels tot die frustrasie van die onregverdiges.  ''Dis nie hoe hy is nie.  Iewers is daar 'n ander ding.'' 

Punt.

Die een wat die aantygings gemaak het, het anonieme briewe gestuur na elke instansie wat vir ons broer in die geloof saak maak.  Naamloos het die klagtes geland, naamloos is hulle veronderstel om te bly.  Maar die naam van die een wat aangekla word, pryk op elke voorblad in die land, op die Internet, op mense se lippe.

Vanoggend ry ons Patmos toe, die grasvlaktes stil om ons, die blou hemel soos 'n koepel waarin ons iets vir die God van Waarheid en geregtigheid moet sê of vra.

Vergewe my my onvroom vroom eerste gedagtes, Here.  Ek het geen feite gehad nie, ek het op koerantopskrifte reageer, en dit is geen verskoning nie.

Ek bid vir elkeen wat by hierdie saak betrokke is.  Ek bid vir waarheid en regverdigheid.

Op pad huis toe, vanoggend, het Jesus se woorde by my opgekom:

  •  As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is.
  • As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.
  •  Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.
  • En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.— Matt 18: 15-17.

Gal 6:1 het later bygekom:

  Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.

 

As Anoniem regtig omgegee het, sou hy/sy alleen na ons broer in Christus gegaan en sy/haar waarnemings/kommer/bedenkinge/gevoelens oor die saak/ongemak/dinge wat hy/sy teen die nou aangeklaagde broer in die Here het, gaan deurpraat het.  Dan sou hy/sy die vierstap-proses gevolg het.

Vanoggend bid ek

  • dat reg en geregtigheid sal geskied;
  • dat die HERE elke onwaar aantyging sal uitwis.  Dat die Kerk sy lidmate in die vierstap-proses van Christus sal oplei en onderrig;
  • dat anonimiteit sal verdwyn en die gesindheid van Christus in ons sal leef.

 

 

 

 
 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  WONDERWERK TYDENS BEURTKRAG

Het vanoggend 'n wonderwerk beleef en Hennie as getuie ingeroep.
Was besig om aan Deuteronomium 28 vir die Toeligtingsbybel te werk, toe die krag skielik afgaan.  Beurtkrag, fase twee.
“Gelukkig kan ek op my laptop aangaan,” sê ek dankbaar vir Hennie.
Toe sien ek dat ek die laptop se kabel en prop nooit by die muursok ingeprop het nie.  Terwyl ek nog kyk, kom die boodskap op die skerm: 12% battery power left.  En minute daarna:  9% power left.  Kort na die 9% waarskuwing verdwyn alles: die skerm is swart en die laptop skakel self af.
 
Beurtkrag, fase 2.
Deuteronomium 28! dink ek.  Dit moes nie so gebeur het nie;  onderbrekings hier versteur die diep verwondering omdat een nasie se geskiedenis so feilloos en so skrikwekkend volledig in dié hoofstuk profeteer word: eers deur Moses, later ook deur Esegiël en Daniël.  Swart skerms moet nie hier gebeur het nie, want ek het pas in die Skrif ontdek wat die grootvlerk-arend van Deut 28 is.  
Beurtkrag, fase 2, moes nie hier gebeur het nie.
 
Ek druk moedeloos, teen alle logika in en vies op die aanskakelknop van die laptop.  Die skootrekenaar begin gons; die skermskut en balkie waarin ek die wagwoord moet intik, verskyn.  Ek tik die wagwoord in en daar is Deut 28 voor my.
 
Ek werk met byna ingehoue asem voort, teksvers vir teksvers.  Op die funksiebalk onderaan die skerm wys die battery-ikoontjie:  o% (ENERGY/POWER) AVAILABLE. Rooi kruisie, geen krag, beurtkrag fase 2, laptop aan geen eksterne kragbron gekoppel nie.
 
Ek werk voort. Naby die einde van Deut 28 roep ek vir Hennie en wys die een ding na die ander aan hom uit:  “Kyk, geen krag nie. Hierdie laptop het al afgeskakel.  Dis 'n wonderwerk, dié.”
Hennie het lank en stomgeslaan staan ek kyk hoe ek sit en werk, aanlynkommentare raadpleeg en voortgaan.
Ek het klaargemaak met die hoofstuk, alles gestoor en middagete op die gasstofie gaan voorberei: beurtkrag, fase 2.
 
Vandag, 14 April 2015, het ek in die ondenkbare krag van die HERE aan Deut 28 gewerk.

Iets prakties:
How to fix a dead laptop battery.
Dis nie wat ek vanoggend gedoen het nie.
Ek weet nie of dit werk nie, het dit nog nooit probeer nie.  Maar, wie weet?


Bron: https://www.youtube.com/watch?v=4u2XwlZqqHg.   How to Fix a Dead Laptop Battery


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Klitser-kitskoffie- en- kouemelk cappuccino

CAPPUCCINO met kitskoffie en koue melk klink onmoontlik.  En die smaak dalk bedenklik?

Was erg gefrustreerd gewees. Die melkskuimer wat alles net reg doen, het besluit om in te gee, vanselfsprekend gedurende 'n langnaweek. Alles wat onontbeerlik lyk, breek mos gedurende die tydperk 16 Desember tot 8 Januarie. En dan weer gedurende die Paasnaweek of gedurende die vakansiedae in Meimaand.

Wat het oorgebly na die heengaan van die melkskuimer?

  • Kitskoffie.  Ons s'n was Nescafe gewees.
  • 'n Elektriese klitser.
  • Koue volroom langlewemelk in die yskas.
  • Bruinsuiker.  Wit suiker ook, maar ons hou nie daarvan nie.

Waar daar 'n klitser is, is daar 'n plan.  Hier is hy:

Klitser-kitskoffie-en-kouemelk cappuccino

  • Gooi 'n halfkoppie koue volroommelk in 'n mengbeker en klits dit met die elektriese klitser. Dit skuim en die skuim word dikker! 
  • Skep een teelepel bruinsuiker daarby en klits voort.  Die skuim word dikker!
  • Skep een teelepel Nescafe by die skuim. Klits voort.  Die dik skuim lyk wonderlik bruinerig, koffierig.
  • Maak 'n koffiebeker halfvol met 2 teelepels kitskoffie en kookwater. Roer 'n lekker groot lot van die dik skuim daarby in.
  • Vul die koffiebeker nog 'n bietjie verder, skep nog skuim bo-op.   Die melk-bruinsuiker- en koffieskuim sit triomfantelik, dik en indrukwekkend bo-op.

Dié resep gaan ek vir my kleinkinders gee. Daarby sal ek skryf:  '''Ons almal se dae is te kort vir smaaklose koffie.''

Moet toutjie om my vinger bind, sodat ek kan onthou om dit af te neem.

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Die diepe erns van Paastyd 2015

Wanneer iemand wat baie siek is, met jou praat, luister jy aandagtig.

John Piper veg teen prostaatkanker.  En hy vra: Waarom doen ons as Christene oral op die aarde wat ons in die Paastyd doen?

Waarom sing ons, verkondig ons die Paasfeesboodskap, waarom voer ons Passiespele op?  Waarom is Paasfees so 'n groot fees?

Omdat dit nuus is.

Omdat dit die ewige, ewigdeurende nuus is.

Omdat my en jou lewe met hierdie nuus van genade vervleg is. Omdat die nuus nie slegs bespreek kan word nie; omdat dit onvermybaar is.

Omdat ons lewe van hierdie nuus afhang.

Omdat God sy Skoonheid in Jesus Christus as geskenk aan ons gee.

PASSION 2015, JOHN PIPER

The message of every religion is: do something for your god.

One faith on the planet has news.  This is the message of Jesus Christ.

YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=uOD64OU2CFg


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  STORMMUSIEK

Die musiek het laataand oor die vlaktes losgebars.  Musiek van die storm, het ek gedink. Ongedempte donderslae, weerligstrale wat van bo tot onder gesien kan word, elke vurk, elke dodelike vuurtong.  Ver oorkant die N1 het die veld aan die brand geslaan, want waar die vuurtong slaan, is daar vuur.

God se musiek vervul die mens met sidderende ontsag. Ons het niks anders as die mure en dak van ons tentwoning op die grasvlaktes gehad om ons teen die vuur uit die lug te beskerm nie. Ons net niemand anders as God gehad wat sy hand oor ons kon uitstrek nie.

Toe ons sy hand oor ons gevoel het, het die musiek mooier en mooier geword: water wat sing, strome op die sinkdak, die wind wat by die water inval. En die tromslae van die donderweer.

Ons het gesidder en ons was verruk.

Luister saam.

MUSIC OF THE STORM

Music of the Storm, Maretha Maartens. YouTube https://www.youtube.com/watch?v=rNP5yoOy_Ck&feature=youtu.be
 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  SOET EN STOUT 7-MINUTE SUURDEEGBESKUIT

 
SOET EN STOUT 7-MINUTE SUURDEEGBESKUIT
 
Hard werk is één ding.  Die verlies van tradisies en lekkertes omdat jy te besig is, is 'n ander ding. 'n Onding. Die verlies van beskuit omdat daar 'n onvoorspelbare element in jou stoof se oond is, is 'n daaglikse opstaantragedie.
 
'n Paar weke gelede het ek besluit: tot hiertoe en die verder nie. (Verder is dalk regtig te ver, want die naaste inkopiesentrum met beskuit is grootpadlangs, oor die N1, oor die vlaktes tot op die rand van die stad.)
Hiertoe, dus, nie verder nie.
Daar is witbrood in die huis. Hulle bak dit met suurdeeg.
Daar is botter, bruinsuiker en 'n mikrogolfoond in die kombuis.
Gebruik wat jy het, preek ek altyd vir myself en Hennie en ander.
Witbrood, botter, bruinsuiker, 'n mikrogolfoond en 'n lus vir beskuit.  D t is wat ek het.
 
Ek sny 'n paar dik snye witbrood, dikker as my dikste vinger.
Ek smeer hulle dik van die botter, strooi bruinsuiker op die botter en druk alles fem vas. 
Ek sit hulle net so in heel snye op die mikrogolfoond se glasbord en skakel die oond op hoog aan. (Dis 'n goedkoop oontjie, hoog is eintlik al wat iets uitrig.)
Vyf tot sewe minute later haal ek die uitgedroogde snye gebotterde en versuikerde witbrood uit die oond.
Ek sny hulle sooos beskuit en hulle word hard terwyl ek nog sny.
Ek het soet, botterige uitgedroogte suurdeegbesluit.
 
Iemand vir wie ek dit vertel het, stel voor dat mens heuning in plaas van suiker kan gebruik. Dat jy ook pampoenpitte in die brood kan indruk. En bloubessies en korente.  Die geheim is net 'n ferm hand. Druk alles lekker diep in die sagte brood in.
 
Hou die spulletjie maar deur die oonddeur dop. As enigiets sjokoladebruin wil raak, haal dit uit. Die suiker is dan aan besig om te skroei.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  MIGRAINE: DIE DORING IN DIE KOP

MIGRAINE: DIE DORING IN DIE KOP

So praat hulle toe vanoggend op RSG van die doring in die vlees. Nee, die pendoring in die kop. Die Skrik van die donker ure voordat dit lig word, twee-uur of drie-uur in die oggend. So praat hulle toe oor 'n man wat van sy perd afgeval het vanweë migraine.
Ek dink aan 'n vlug van Kaapstad na Bloemfontein, hoog in die lug met die vyand, die vloek, die siekte van migraine.  Ek het agter gaan sit en gewonder hoe dit is om aan boord van 'n vliegtuig te sterf. (Hoe het André Brink gevoel, daardie laaste oomblikke voordat sy aardse lewe verby was?)
Ek dink aan ses maande met 'n kop-are wat kloppend dreig om te bars, aan Doloxene Compounds wat my soos 'n zombie met hoofpyn laat voel, maar aan die migraine niks doen nie. 
Ek dink aan my ma wat in die donker gaan lê het met migraine, dan kry ons daardie middag rabarberpoeding: suur, rooi en g'n poeding nie.  En dan sug ons en sê ek: 'Het Mamma alwéér hoofpyn?"
Ek dink aan ribbes wat pyn asof hulle gebreek is, weefsel wat in 'n seer vel kook, 'n mistige landskap om my, mislikheid, voetsole wat hipersensitief voel, die wete dat die pyn soos 'n staalhok om my is. Ek kan nie opstaan nie. Kan nie werk nie. Kan nie dink of funksioneer, lag of lewe nie.
Ek dink aan breinskanderings en voorkomende medikasie wat ander kwale aangebring het.  Ek dink aan COMPRAL POEIERS.
Compral, het my ma gesê — dankie, tog, sy het dit een keer gesê— is al wat teen hierdie hoofpyn help.
Eers het ek die pille gesluk, te veel, en hulle veroorsaak 'n nare honger-anstige kol op die krop van die maag.  Hulle het die migraine weggeneem, maar teen 'n prys in die maag.
Toe ontdek ek die wit Compral-poeiers. Wanneer die eerste migraine-voorlopers kom, sluk ek een COMPRAL-poeier met water af. Word ek in die nag van migraine wakker, steek ek my hand uit, vat die poeierkoevertjie raak en sluk een met water af.
Sewe minute, en dit kraak in my skedel. Sewe minute, en iets wat vasgeklem was, gaan los.
Sewe minute, en die migraine is weg.  En dit bly dae lank, selfs weke lank weg.
Het vir 'n dokter gevra wat in Compral is. Hy het in die MIMS-boekie gaan kyk:  net aspirien, parasetemol en kafeien, in een of ander spesifieke kombinasie.
Maar dit werk. Goddank, dit werk.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Die KETTINGGEBED-MISLEIDING

Tim Noakes sê ons is mislei ten opsigte van wat ons nie moes eet nie: botter, lekker vleis, eiers, vullende voedsel. Ons is mislei oor wat pasta, rys en aartappels aan ons doen.

My sus sê as jy by die bestanddele van enige voedselproduk kyk en die letter E-enigiets sien, is jy by die vreemde toevoeging wat jou liggaam nie herken nie en wat hy dan in vet omskep. Terug na wat die natuur en die Goeie Vader gee. My slim sus sê ook dat enige koolhidraat wat gekook of gebak moet word voordat jy dit kan eet, skadelik vir jou is indien jy gewig wil verloor. Rys moet jy kook. Aartappels kan jy nie rou eet nie. Aan rou pasta kan jy dalk nog knibbel, maar jy sal nie 'n maaltyd daarvan kan maak nie.  Koekies moet jy bak. En as jy suiker by enigiets gooi, voeg jy later syfertjies tot jou BMI toe.

So kyk ons dan met nuwe oë na die sjokolade Brownies, die aartappelskyfies en die gesondheidsmargarien wat ons deel van ons dieet  en verkeerde BMI gemaak het.

Op die tuisblad van ons webwerf is die lang storie van 'n kettinggebedversoek wat ek gister ontvang het.  En 'n dag se nadenke oor kettinggebede.

Al wat ek vanoggend ervaar, is 'n gevoel van suiwer bevryding. Hoef nie meer so skuldig te voel omdat die kettinggebedsversoek op my selfoon bly sit nie. Erger nog: hoef nie meer verdoem te voel nadat ek dit sommer net uitgewis en na iewers — nie na my vriende se nommers— gestuur het nie.

My Vader luister wanneer ek met Hom praat.

Hy hoor die onuitgesproke gedagtes van my hart.

Hy hoor elke diepgevoelde sug oor die lot van medegelowiges onder ISLAM nog voordat dit woorde geword het.

Hy gaan  my nie straf omdat ek Hom sou verloën deur nie 'n bepaalde teksboodskap aan 10 mense te stuur nie.

Ons is nie slegs op die gebied van kos, suiker, botter, koolhidrate en vleis mislei nie.

Daar is ook 'n kettinggebedmisleiding... en ons hoef nie daarin vasgevang te wees of ander daarin vas te vang nie.

Dankie, my Vader, dat U my hart se onuitgesproke versugtinge hoor, my gedagtes ken.

Dankie dat ek U volledig mag vertrou, al bid ek stoksielalleen in die middel van hierdie Vrystaatse grasvlakte.


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DIE KLEUR GRYS

 

DIE KLEUR GRYS

 

Deesdae lees ek dieselfde aanhaling telkens weer raak:

  • A population weakened and exhausted by battling against so many obstacles -- whose needs are never satisfied and desires never fulfilled -- is vulnerable to manipulation and regimentation. The struggle for survival is, above all, an exercise that is hugely time-consuming, absorbing and debilitating. If you create these ''anti-conditions,'' your rule is guaranteed for a hundred years.
     

Die Poolse verslaggewer, joernalis, historikus, reisiger, fotograaf, digter en skrywer,  Ryszard Kapuscinski (4 Maart 19320 23 Januarie 2007) word deur die Duitse joernalis, Claus Christian Malzahn beskryf as “een van die mees geloofwaardige joernaliste wat die wêreld ooit geken het.”  Wanneer hy oor Afrika geskryf het, het Kapuscinski letterkunde van joernalistiek gemaak.

Watter van die volgende gevolgtrekkings deur Ryszard Kapuscinski kan weerlê word, ook hier in Suid-Afrika?  Ook in Februarie 2015?  Elkeen van sy gevolgtrekkings handel immers oor die grys kleur van koerslose nie-leierskap. Oor die grys kleur van magteloosheid en armoed.  Oor die grys kleur van haat en fiksasie op wat wat haatlik was.

 

  • Although a system may cease to exist in the legal sense or as a structure of power, its values (or anti-values), its philosophy, its teachings remain in us. They rule our thinking, our conduct, our attitude to others. The situation is a demonic paradox: we have toppled the system but we still carry its genes.
  • Be careful: they have arms, and no alternatives.
  • First you destroy those who create values. Then you destroy those who know what the values are, and who also know that those destroyed before were in fact the creators of values. But real barbarism begins when no one can any longer judge or know that what he does is barbaric.
  • In Poland a man must be one thing: white or black, here or there, with us or against us — clearly, openly, without hesitations. … We lack the liberal, democratic tradition rich in all its gradations. We have instead the tradition of struggle: the extreme situation, the final gesture.
  • In a society of little economic development, universal inactivity accompanies universal poverty. You survive not by struggling against nature, or by increasing production, or by relentless labour; instead you survive by expending as little energy as possible, by striving constantly to achieve a state of immobility.
  • Life is truly known only to those who suffer, lose, endure adversity and stumble from defeat to defeat.
  • The extent of one man’s guilt may be defined by how much of it is experienced by the party he injured.
  • When is a crisis reached? When questions arise that can’t be answered.
  • When man meets an obstacle he can’t destroy, he destroys himself.

Here, U weet alles.

U ken die grys kleur van Februarie 2015.

Laat daar lig wees, Here. Asseblief.

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Helder, helderder, helderste vreugde

HELDER, HELDERDER, HELDERSTE VREUGDE

Valentynsweek, Februarie 2015.

 

Oor en oor kyk ek hoe Mary-Lou Kayser haar sonneblomruiker hoog in die lug oplig om vir Thys Kok die teken te gee: jou bruid stap jou tegemoet!  Oor en oor kyk ek hoe haar tien bruidsmeisies in hulle flambojante rokke teen die bult afstap, hoe Mary-Lou eenkant toe gaan om Thys uiteindelik in erns en vreugde tegemoet te stap.

 

Die lig was nie goed vir die dansvideo wat ek laataand geneem het nie. Thys en Mary-Lou verdwyn in en verskyn telkens weer uit die minder beligte areas van die onthaalsaal.  Maar hulle dans, hulle dans omdat hulle mekaar se lewensmaats word. Omdat elkeen van hulle die één mens wat hulleself komplementeer, aanvul en verstaan, gevind het.  Omdat hulle die een by wie hulle volledig tuiskom, tussen miljoene ander gevind het.

 

Hennie en ek praat baie oor dié fees van die liefde.

En so kom ons toe by die eenvoudigste waarheid uit, een wat die wind uit die meeste van ons se longe skok:

  • Om te trou is nie om net een dag te dans en sonneblomme in die lug op te lig nie.  Dit is nie om net een dag lank in onuitspreeklike liefde vir mekaar te kyk en een met mekaar te wees nie.
  • Liefde is nie een dag se wonder, en dan al die pad afdraand nie.
  • Liefde is om teen die opdraandes uit te worstel, sodat wat op die troudag begin, groter, dieper en inniger kan word.

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  HOW TO GET RID OF MOUTH SORES WITHOUT GOING TO THE DOCTOR

HOW TO GET RID OF MOUTH SORES WITHOUT GOING TO THE DOCTOR

MOUTH CANKERS AND -ULCERS CAN BE CURED WITHOUT A DOCTOR'S PRESCRIPTION!

I have now discovered a new simile: As painful as a cluster of mouth ulcers. Or cankers. Or mouth sores, the exact cause of which is unknown.

Our mothers told us that mouth sores were and will activated by stress, a run-down and impaired immune system, vitamin B-12 and zinc deficiencies and over-indulgence in certain acidic fruits like oranges, figs, strawberries and pineapples. Or by our teeth, especially broken ones or ones sporting braces.

Okay, I've been overdoing almost everything lately. The only thing I did not overdo, was sleeping.  I was richly rewarded: got half a mouthful of mouth sores of all sizes, but in the same yellowish-white colour.

It was an ordeal to eat or drink anything, even water. It was a stern reminder of the fact that overdoing things is not something we should carry on doing. Okay, lesson taken to heart. But how does one get rid of these sores?  Tried to make an appointment with the doctor, but he is so popular nowadays that it is like making an appointment with the State President.

Told my clever sister about my ordeal. Her prescription:

 

  • A glass of lukewarm water with half a teaspoonful of salt dissolved in it. Rinse your mouth with this, as often as possible.
  • Use nothing but white Colgate toothpaste: none with stripes of any colour.
  • Apply pure glicerine to the sores after every rinse.
  • Rest for 15 minutes whenever you feel tired.
  • Eat bland foods: Greek yoghurt, chicken, gem squash, grapes (maybe), Marie biscuits, spinach.  Be kind to your aching mouth.

It worked.  It is not an instant cure, but it works. 

I canceled my doctor's appointment.

 


 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  IN DIE NAG GELEES

In die nag gelees

Van Annemie, dink ek telkens wanneer ek haar naam in die epos-inbus sien. Pos om nie net vlugtig te skandeer nie.

My vriendin, Annemie Bosch, stuur gereeld e-pos wat my dae lank aan die dink hou. En so was dit toe weer vanoggend, 24 Januarie 2015.

Hennie en ek is vandag 45 jaar getroud:  45 jaar van genade en behoud, 45 jaar waarin die wêreld verander het van tikmasjiene na laptops, van tiekiebokse na selfone, van apartheid na demokrasie, van naïwiteit aangaande die toestand van die wêreld na 'n diep wete van globale pyn.

Ons is vandag 45 jaar getroud, en in die nag van die wêreldtoestand was daar vir ons persoonlik altyd die Rots gewees, die skuiling wanneer die stormwind huil.  Ons het dit nie verdien om so styf vasgehou en gedra te word nie, maar die HERE GOD het dit vir ons gedoen.  Waarskynlik het ons nog steeds heeltemal te min gevra dat Hy ons nooit moet los nie (was male sonder tal te besig, te koorsagtig aan die gang), maar nooit het Hy ons gelos nie.

Dit is nog nag, dag-se-kant-toe net na drie-uur in die oggend.

Ek lees John Berger se WRITTEN IN THE NIGHT, THE PAIN OF LIVING IN THE PRESENT WORLD.  Annemie het dit vir my gestuur;  dit was hier om vanoggend te lees.

Dankie, Here, bid ek vanoggend. Dankie vir die skuilplek van u genade waarin ons 45 jaar lank kon skuil.

Vergewe ons, Here, dat ons gereeld vergeet: Without money each daily human need becomes a pain.  (John Berger)

Vergewe ons, Here, dat ons meestal kies om weg te kyk.

Terloops: wie het dié "wysheid'' uitgedink dat lyding opsioneel is?

Solank dit nie ek is wat honger, siek en talle male verkrag by iemand se motorvenster staan en bedel nie, kan lyding seker opsioneel wees. Maar vir dié van wie John Berger skryf, vir dié van wie Jesus Christus praat en met wie Hy één geword het in sy Mensheid, is lyding nie opsioneel nie.

 

 

WRITTEN IN THE NIGHT

The pain of living in the present world

By JOHN BERGER

 

I WANT to say at least something about the pain existing in the world today. Consumerist ideology, which has become the most powerful and invasive on the planet, sets out to persuade us that pain is an accident, something that we can insure against. This is the logical basis for the ideology's pitilessness.

Everyone knows, of course, that pain is endemic to life, and wants to forget this or relativise it. All the variants of the myth of a Fall from the Golden Age, before pain existed, are an attempt to relativise the pain suffered on earth. So too is the invention of Hell, the adjacent kingdom of pain-as-punishment. Likewise the discovery of Sacrifice. And later, much later, the principle of Forgiveness. One could argue that philosophy began with the question: why pain?

Yet, when all this has been said, the present pain of living in the world is perhaps in some ways unprecedented.

I write in the night, although it is daytime. A day in early October 2002. For almost a week the sky above Paris has been blue. Each day the sunset is a little earlier and each day gloriously beautiful. Many fear that before the end of the month, US military forces will be launching the "preventive" war against Iraq, so that the US oil corporations can lay their hands on further and supposedly safer oil supplies. Others hope that this can be avoided. Between the announced decisions and the secret calculations, everything is kept unclear, since lies prepare the way for missiles. I write in a night of shame. By shame I do not mean individual guilt. Shame, as I'm coming to understand it, is a species feeling which, in the long run, corrodes the capacity for hope and prevents us looking far ahead. We look down at our feet, thinking only of the next small step.

People everywhere, under very different conditions, are asking themselves - where are we? The question is historical not geographical. What are we living through? Where are we being taken? What have we lost? How to continue without a plausible vision of the future? Why have we lost any view of what is beyond a lifetime?

The well-heeled experts answer. Globalisation. Postmodernism. Communications revolution. Economic liberalism. The terms are tautological and evasive. To the anguished question of where are we, the experts murmur: nowhere. Might it not be better to see and declare that we are living through the most tyrannical - because the most pervasive - chaos that has ever existed? It's not easy to grasp the nature of the tyranny for its power structure (ranging from the 200 largest multinational corporations to the Pentagon) is interlocking yet diffuse, dictatorial yet anonymous, ubiquitous yet placeless. It tyrannises from off shore - not only in terms of fiscal law, but in terms of any political control beyond its own. Its aim is to delocalise the entire world. Its ideo logical strategy, besides which Osama bin Laden's is a fairy tale, is to undermine the existent so that everything collapses into its special version of the virtual, from the realm of which (and this is the tyranny's credo) there will be a never-ending source of profit. It sounds stupid. Tyrannies are stupid. This one is destroying at every level the life of the planet on which it operates.

Ideology apart, its power is based on two threats. The first is intervention from the sky by the most heavily armed state in the world. One could call it Threat B52. The second is of ruthless indebtment, bankruptcy, and hence, given the present productive relations in the world, starvation. One could call it Threat Zero.

The shame begins with the contestation (which we all acknowledge somewhere but, out of powerlessness, dismiss) that much of the present suffering could be alleviated or avoided if certain realistic and relatively simple decisions were taken. There is a very direct relation today between the minutes of meetings and minutes of agony.

Does anyone deserve to be condemned to certain death simply because they don't have access to treatment which would cost less than $2 a day? This was a question posed by the director of the World Health Organisation last July. She was talking about the Aids epidemic in Africa and elsewhere from which an estimated 68 million people will die within the next 18 years. I'm talking about the pain of living in the present world.

Most analyses and prognoses about what is happening are understandably presented and studied within the framework of their separate disciplines: economics, politics, media studies, public health, ecology, national defence, criminology, education. In reality each of these separ ate fields is joined to another to make up the real terrain of what is being lived. It happens that in their lives people suffer from wrongs which are classified in separate categories, and suffer them simultaneously and inseparably.

A current example: some Kurds, who fled last week to Cherbourg, have been refused asylum by the French government and risk being repatriated to Turkey, are poor, politically undesirable, landless, exhausted, illegal and the clients of nobody. And they suffer each of these conditions at one and the same second. To take in what is happening, an interdisciplinary vision is necessary in order to connect the "fields" which are institutionally kept separate. And any such vision is bound to be (in the original sense of the word) political. The precondition for thinking politically on a global scale is to see the unity of the unnecessary suffering taking place. This is the starting point.

I WRITE in the night, but I see not only the tyranny. If that were so, I would probably not have the courage to continue. I see people sleeping, stirring, getting up to drink water, whispering their projects or their fears, making love, praying, cooking something whilst the rest of the family is asleep, in Baghdad and Chicago. (Yes, I see too the forever invincible Kurds, 4,000 of whom were gassed, with US compliance, by Saddam Hussein.) I see pastrycooks working in Tehran and the shepherds, thought of as bandits, sleeping beside their sheep in Sardinia, I see a man in the Friedrichshain quarter of Berlin sitting in his pyjamas with a bottle of beer reading Heidegger, and he has the hands of a proletarian, I see a small boat of illegal immigrants off the Spanish coast near Alicante, I see a mother in Mali - her name is Aya which means born on Friday - swaying her baby to sleep, I see the ruins of Kabul and a man going home, and I know that, despite the pain, the ingenuity of the survivors is undiminished, an ingenuity which scavenges and collects energy, and in the ceaseless cunning of this ingenuity, there is a spiritual value, something like the Holy Ghost. I am convinced of this in the night, although I don't know why.

The next step is to reject all the tyranny's discourse. Its terms are crap. In the interminably repetitive speeches, announcements, press conferences and threats, the recurrent terms are Democracy, Justice, Human Rights, Terrorism. Each word in the context signifies the opposite of what it was once meant to. Each has been trafficked, each has become a gang's code-word, stolen from humanity.

Democracy is a proposal (rarely realised) about decision-making; it has little to do with election campaigns. Its promise is that political decisions be made after, and in the light of, consultation with the governed. This is depend ent upon the governed being adequately informed about the issues in question, and upon the decision-makers having the capacity and will to listen and take account of what they have heard. Democracy should not be confused with the "freedom" of binary choices, the publication of opinion polls or the crowding of people into statistics. These are its pretence. Today the fundamental decisions, which effect the unnecessary pain increasingly suffered across the planet, have been and are taken unilaterally without any open consultation or participation. For instance, how many US citizens, if consulted, would have said specifically yes to Bush's withdrawal from the Kyoto agreement about the carbon dioxide greenhouse effect which is already provoking disastrous floods in many places, and threatens, within the next 25 years, far worse disasters? Despite all the media-managers of consent, I would suspect a minority.

It is a little more than a century ago that Dvorák composed his Symphony From the New World. He wrote it whilst directing a conservatory of music in New York, and the writing of it inspired him to compose, 18 months later, still in New York, his sublime Cello Concerto. In the symphony the horizons and rolling hills of his native Bohemia become the promises of the New World. Not grandiloquent but loud and continuing, for they correspond to the longings of those without power, of those who are wrongly called simple, of those the US Constitution addressed in 1787.

I know of no other work of art which expresses so directly and yet so toughly (Dvorák was the son of a peasant and his father dreamt of his becoming a butcher) the beliefs which inspired generation after generation of migrants who became US citizens.

For Dvorák the force of these beliefs was inseparable from a kind of tenderness, a respect for life such as can be found intimately among the governed (as distinct from governors) everywhere. And it was in this spirit that the symphony was publicly received when it was first performed at Carnegie Hall (16 December 1893).

Dvorák was asked what he thought about the future of American music and he recommended that US composers listen to the music of the Indians and blacks. The Symphony From the New World expressed a hopefulness without frontiers which, paradoxically, is welcoming because centred on an idea of home. A utopian paradox.

Today the power of the same country which inspired such hopes has fallen into the hands of a coterie of fanatical (wanting to limit everything except the power of capital), ignorant (recognising only the reality of their own fire-power), hypo critical (two measures for all ethical judgments, one for us and another for them) and ruthless B52 plotters. How did this happen? How did Bush, Murdoch, Cheney, Kristol, Rumsfeld, et al et Arturo Ui, get where they did? The question is rhetorical, for there is no single answer, and it is idle, for no answer will dent their power yet. But to ask it in this way in the night reveals the enormity of what has happened. We are writing about the pain in the world.

The political mechanism of the new tyranny - although it needs highly sophisticated technology in order to function - is starkly simple. Usurp the words Democracy, Freedom, etc. Impose, whatever the disasters, the new profit-making and impoverishing economic chaos everywhere. Ensure that all frontiers are one-way: open to the tyranny, closed to others. And eliminate every opposition by calling it terrorist.

(No, I have not forgotten the couple who threw themselves from one of the Twin Towers instead of being burnt to death separately.)

There is a toy-like object which costs about $4 to manufacture and which is also incontestably terrorist. It is called the anti-personnel mine. Once launched, it is impossible to know who these mines will mutilate or kill, or when they will do so. There are more than 100 million lying on, or hidden in, the earth at this moment. The majority of victims have been or will be civilians.

The anti-personnel mine is meant to mutilate rather than kill. Its aim is to make cripples, and it is designed with shrapnel which, it is planned, will prolong the victim's medical treatment and render it more difficult. Most survivors have to undergo eight or nine surgical operations. Every month, as of now, 2,000 civilians somewhere are maimed or killed by these mines.

The description anti-personnel is linguistically murderous. Personnel are anonymous, nameless, without gender or age. Personnel is the opposite of people. As a term it ignores blood, limbs, pain, amputations, intimacy, and love. It abstracts totally. This is how its two words when joined to an explosive become terrorist.

The new tyranny, like other recent ones, depends to a large degree on a systematic abuse of language. Together we have to reclaim our hijacked words and reject the tyranny's nefarious euphemisms; if we do not, we will be left with only the word shame. Not a simple task, for most of its official discourse is pictorial, associative, evasive, full of innuendoes. Few things are said in black and white. Both military and economic strategists now realise that the media play a crucial role, not so much in defeating the current enemy as in foreclosing and preventing mutiny, protests or desertion.

Any tyranny's manipulation of the media is an index of its fears. The present one lives in fear of the world's desperation. A fear so deep that the adjective desperate, except when it means dangerous, is never used.

Without money each daily human need becomes a pain.

Those who have filched power - and they are not all in office, so they reckon on a continuity of that power beyond presidential elections - pretend to be saving the world and offering its population the chance to become their clients. The world consumer is sacred. What they don't add is that consumers only matter because they generate profit, which is the only thing that is really sacred. This sleight of hand leads us to the crux.

The claim to be saving the world masks the plotter's assumption that a large part of the world, including most of the continent of Africa and a considerable part of South America, is irredeemable. In fact, every corner which cannot be part of their centre is irredeemable. And such a conclusion follows inevitably from the dogma that the only salvation is money, and the only global future is the one their priorities insist upon, prior ities which, with false names given to them, are in reality nothing more nor less than their benefits.

Those who have different visions or hopes for the world, along with those who cannot buy and who survive from day to day (approximately 800 million) are backward relics from another age, or, when they resist, either peacefully or with arms, terrorists. They are feared as harbingers of death, carriers of disease or insurrection. When they have been "downsized" (one of the key words), the tyranny, in its naivety, assumes the world will be unified. It needs its fantasy of a happy ending. A fantasy which in reality will be its undoing. Every form of contestation against this tyranny is comprehensible. Dialogue with it, impossible. For us to live and die properly, things have to be named properly. Let us reclaim our words.

This is written in the night. In war the dark is on nobody's side, in love the dark confirms that we are together.

 


© Copyright John Berger

Timothy C. Lind
MWC Global Gift Sharing
10418 Harder Road
Three Rivers, MI 49093 USA
Tel: 269 244 1000
Fax: 269 244 1793
timlind@mwc-cmm.or


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Kry Jerry tog net hier uit, Tom

Kry Jerry tog hier uit, Tom!

 

Ontmoet onse Tom in een van die seldsame oomblikke waarin hy sy gesig was. Al die ander oomblikke van sy lewe word deurgebring met eet, hasies vang en sitkamerbank toe bring, paddas uit die vlak water skep, akkedisse se sterte afbyt, muisgate in die veld dophou, slaap, met inkommers uit die kattewêreld baklei, Tienka en Mathata se rus versteur, boomklim, vensterbank-sit, tuimel en speel.

Tom geniet elke Jerry in sy katbestaan. Hy bring hulle huis toe en los hulle in die kombuis, onder Hennie se lessenaar, enige plek, enige tyd.

Aanvanklik het ons hoog gespring en laag gegil wanneer hy 'n Jerry inbring. Ons het met hom geraas. Dit was vir hom 'n skok, dié lawaaierigheid van ons kant. Hy het sy Jerry's dus net so gelos en hulle is op vrye voet die huis in. Ons het kaste geskuif en ons rug seergemaak agter veldmuise aan.

 

Nou weet ons dat ons ons moet gedra wanneer Tom 'n Jerry vir ons bring.  Ons sit maar so en werk met Tom wat hier iewers op die mat 'n wilde speletjie met een of ander Jerry speel. Dit rol en skop, die los mat word Jerry se wegkruipplek. Tom pronk en los hom 'n rukkie, net om weer toe te slaan.

Een Jerry het weggekom. Ons het nou 'n ekstra siel in die huis. Gister kry Hennie dié Jerry in die katte se kosbak. Jerry sit ewe poliets en katpitte eet, kietsregop, die pit/pil tussen twee voorpootjies. Jerry is 'n goed-gemanierde muis en hy hou van ons huis.

Tom, Tom, sug ons hoorbaar en onhoorbaar, wil jy nie maar vir Jerry buitentoe neem nie? Katkos het regtig duur geraak, weet jy?

 

 

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  TER WILLE VAN WIE?

Ter wille van wie?

Ons moet 'n oplossing vind, sê die wêreldleiers. Europa en die VSA word bedreig deur Moslem-ekstremiste.

David Cameron stel integrasie voor: deur mekaar beter te ken en mekaar volledig te respekteer, word die teelaarde vir radikalisme verklein en meer onvrugbaar.

 
Jim Wallis  skryf drie uiters belangrike slotparagrawe in sy artikel, Je Suis... [?] How People of Faith Should Respond to Paris.  Ons onderskryf sy skrywe.
 
Ter wille van wie?
Tog moes ons onsself vanoggend afvra:  Ter wille van wie moet ons die leuen met die waarheid van die Evangelie beveg?


·Ter wille van dié wat die leuen glo. Ter wille van 'n kennismaking vir hulle met die Christus van die Skrif.
·Ter wille van onsself. Ter wille van die diep vrede en vreugde wat ons as kinders van die HERE beleef wanneer ons weet dat ons binne die wil van God is. En sy wil is dat ons die Evangelie aan alle mense moet verkondig.
·Bo alles ter wille van Jesus Christus. Hy moet deur ons verkondiging van sy liefde en reddende genade, ter wille van die eer van sy Naam, verkondig word.
 
En dit bring ons by 'n bestaanskuddende feit:  die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus is ter wille van ander, onsself en ons God.
 
Nie ter wille van...
Die verkondiging van Christus is nie ter wille van selfbehoud, beveiliging, die beëindiging van al hierdie sogenaamd nuwe gevare en bedreigings nie.   Dit is ons laaste kans om gehoorsaam te wees aan Jesus Christus se opdrag.
 
Dit gaan nie beter word nie
 
Die verkondiging van die waarheid om die leuen teen te staan, gaan nie wêreldvrede en stabiliteit bewerkstellig nie. Dit gaan nie “die goeie ou tyd” terugbring nie. In die goeie ou tyd het die Christendom dalk die afgelope paar dekades vas geslaap en gereeld gesluimer. Ons het die “duisendjarige vredestyd” van nie- globale aanslae, meer gelokaliseerde vervolging en groter vryheid om die Woord te verkondig, halfhartig en lusteloos benut.
 
 
Dit is nie pessimisme wat ons skepties oor toekomstige wêreldvrede en –stabiliteit maak nie.  Dit is die boek OPENBARING.
 
REV 7:13-15: GOOD NEWS BIBLE:

One of the elders asked me, "Who are these people dressed in white robes, and where do they come from?"

"I don't know, sir. You do," I answered. He said to me, "These are the people who have come safely through the terrible persecution. They have washed their robes and made them white with the blood of the Lamb.

That is why they stand before God's throne and serve him day and night in his temple. He who sits on the throne will protect them with his presence.

 

Vrede sal neerdaal

Globale vrede en veiligheid sal nooit op hierdie aarde neerdaal nie.  Maar baie sal gered word waar die Evangelie van Jesus Christus verkondig word, en die kinders van God sal besig wees met sy opdrag.

 

En daarom, omdat ons in sy wil sal wees — ter wille van HOM, ter wille van sy Koninkryk— sal ons dieper vrede beleef as die dag toe ons self sy kinders geword het.

Maretha.

 

Ns:  Vir 'n visuele beeld van verskillende mense se konsep van Utopia, klik hier:  http://www.slideshare.net/bellz33/utopia-by-bellz-dowding.  


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Die Nommer 2 raad teen Nagbekommernisse

Die Nommer 2 raad teen Nagbekommernisse

Tik-tik, tik die wekker.  Jy hoor die geluid van inkomende e-pos (rekeninge? Aanmanings?). Jou slimfoon is nooit stil nie.

Ja, dit is 'n stresvolle tyd in jou lewe. Erger kan dit nie.

Bedags is jy uitgeput en huilerig. Snags rol jy rond.

Glo my, ons ken dit.  Of, nee, ons het dit geken.  Tans nie meer nie, want ons het die nommer 2 raad teen nagbekommernisse ontdek.

Die nommer 1- raad teen nagbekommernisse is 'n lewe in verbondenheid met Jesus Christus.

Die probleem is net: snags is alles in ons broos, moeg, afgerem en pap, selfs ons geloof.  Veral ons geloof.  Snags kom die Bose en elke swakheid in ons menswees soos slange, giftige spinnekoppe, malariamuskiete en gewapende rowers om ons van slaap, krag, moed en ons geloof te beroof.

Die nommer 2-raad teen Nagbekommernisse het gestalte gekry toe Hennie en ek ontdek het hoe swak en dom ons snags is. Hoe ons skaars 'n voet en 'n vinger kan oplig van die matras af.  "Ek kan die nagbekommernisse nie meer hanteer nie, " het een van ons een nag gesê. En toe snap ons dit:  Ons het dit pas erken. Ons kan bekommernisse hoegenaamd nie snags hanteer nie.  Ons is te moeg, te swak en te gedaan vir so 'n belangrike en bepalende job.

Indien ons geen groot bekommernis in die middel van die nag kan hanteer nie, het ons begin besef,  moet ons nie eens probeer om dit te doen nie. Erken dit. Sê vir jouself:  Ek kan dié tyd van die nag 100% niks aangaande die saak doen nie.  Ek kan net sowel slaap. Wanneer die nuwe dag kom en die wêreld weer lig word,  kan ek uit die bed opstaan en die saak weer deeglik deurdink.

Dit is dan die nommer 2-raad teen nagbekommernis: 

Sê goeienag vir die saak wat jou wakker hou. 

Sê vir jouself: hierdie ding is nie 'n saak vir die middel van die nag nie. More werk ek/ons daaraan, DV.

En dan slaap jy, want more gaan jy die krag hê om antwoorde op die kommervraag te soek: "Wat as..."

 

 

 

 

 

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  HAVE JOY!

 

Have joy!

This morning a classmate (Class of prehistoric times)  sent those of us who  can find our glasses or remember where they are the following.

Worth sharing, me thinks.  So is Beethoven's ODE TO JOY.

Have joy!

Maretha.

Advice from an 80 year old man

1. Have a firm handshake.
2. Look people in the eye.
3. Sing in the shower.
4. Own a great stereo system.
5. If in a fight, hit first and hit hard.
6. Keep secrets.
7. Never give up on anybody. Miracles happen everyday.
8. Always accept an outstretched hand.
9. Be brave. Even if you're not, pretend to be. No one can tell the difference.
10. Whistle.
11. Avoid sarcastic remarks.
12. Choose your life's mate carefully. From this one decision will come 90 per cent of all your happiness or misery.
13. Make it a habit to do nice things for people who will never find out.
14. Lend only those books you never care to see again.
15. Never deprive someone of hope; it might be all that they have.
16. When playing games with children, let them win.
17. Give people a second chance, but not a third.
18. Be romantic.
19. Become the most positive and enthusiastic person you know.
20. Loosen up. Relax. Except for rare life-and-death matters, nothing is as important as it first seems.
21. Don't allow the phone to interrupt important moments. It's there for our convenience, not the caller's.
22. Be a good loser.
23. Be a good winner.
24. Think twice before burdening a friend with a secret.
25. When someone hugs you, let them be the first to let go.
26. Be modest. A lot was accomplished before you were born.
27. Keep it simple.
28. Beware of the person who has nothing to lose.
29. Don't burn bridges. You'll be surprised how many times you have to cross the same river.
30. Live your life so that your epitaph could read, No Regrets
31. Be bold and courageous. When you look back on life, you'll regret the things you didn't do more than the ones you did.
32. Never waste an opportunity to tell someone you love them.
33. Remember no one makes it alone. Have a grateful heart and be quick to acknowledge those who helped you.
34. Take charge of your attitude. Don't let someone else choose it for you.
35. Visit friends and relatives when they are in hospital; you need only stay a few minutes.
36. Begin each day with some of your favourite music.
37. Once in a while, take the scenic route.
38. Send a lot of Valentine cards. Sign them, 'Someone who thinks you're terrific.'
39. Answer the phone with enthusiasm and energy in your voice.
40. Keep a note pad and pencil on your bed-side table. Million-dollar ideas sometimes strike at 3 a.m.
41. Show respect for everyone who works for a living, regardless of how trivial their job.
42. Send your loved ones flowers. Think of a reason later.
43. Make someone's day by paying the toll for the person in the car behind you.
44. Become someone's hero.
45. Marry only for love.
46. Count your blessings.
47. Compliment the meal when you're a guest in someone's home.
48. Wave at the children on a school bus.
49. Remember that 80 per cent of the success in any job is based on your ability to deal with people.
50. Don't expect life to be fair.

ODE TO JOY

CREDITS

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  SALMAN RUSHDIE: "Religion (is a) mediaeval form of unreason"

Salman Rushdie: 

''Religion (is a) mediaeval form of unreason"

 

Like many authors, I am shocked, saddened, deeply perturbed, very uneasy, but not surprised by the unprecedented attack on the office of the French publication Charlie Hebdo in Paris (January 7, 2015) in which 12 people died and seven were injured. Have been writing and sharing concerns  in my circles about unstoppable extremist attacks, the future our children and grandchildren face and the struggle for world dominion to which the West has  chosen to be close its eyes.

Since I belong to Pen Afrikaans, I have received a copy of the statement issued by PEN INTERNATIONAL today.

Personal comments in italics.
 

STATEMENT BY PEN INTERNATIONAL

PEN APPALLED BY SAVAGE ATTACK ON FRENCH SATIRICAL MAGAZINE, CHARLIE HEBDO.
 
(7th January 2015)

This is not the first time that journalists, editors, writers, cartoonists  and translators have been targeted for expressing opinions that may offend, outrage or shock sections of society. But there has never been an assault on such a scale in Europe. There can be no justification for using violence to silence or intimidate those who speak out, no matter how offensive their views.
 
In the face of such violence, it is incumbent on all governments and religious leaders to strengthen their commitment to press freedom and to safeguard freedom of expression as a fundamental human right. This attack must be investigated promptly and impartially in accordance with international standards and the perpetrators brought to justice. [I agree.]
 

John Ralston Saul, President of PEN International said: “PEN is appalled by today’s savage attack on Charlie Hebdo. Today the entire PEN family stands in solidarity with journalists in France, and all over the world, who are increasingly subjected to violence for exercising their right to freedom of expression.” [I agree.]
Condemning the cowardly attack on the office of the magazine, Jean-Luc Despax, President of French PEN said:Despite this atrocious act, freedom of expression remains intact, whether expressed through art, satire or analysis.” [I agree.]
 

Further comments from PEN Centres and members:
 
Sofi Oksana, Finnish PEN member said,  “Too often we living in democratic states take freedom of expression granted. It's not. It's something we need to defend and protect every day and it means zero-tolerance to every action trying to diminish it. [I agree.]

 

Now it's our duty to make sure the terrorists will be brought to justice and it's also our duty to make sure that discussion about the importance of freedom of expression will be in front line also in countries where we take it for granted. It's also our duty to make sure that terrorist attacks won't lead to self-censorship or censorship by art-sponsors and institutions. That would undermine the basic elements of democracy." [I agree.]

 

Salman Rushdie, English PEN member noted, “Religion, a mediaeval form of unreason, when combined with modern weaponry becomes a real threat to our freedoms. This religious totalitarianism has caused a deadly mutation in the heart of Islam and we see the tragic consequences in Paris today. I stand with Charlie Hebdo, as we all must, to defend the art of satire, which has always been a force for liberty and against tyranny, dishonesty and stupidity. “Respect for religion” has become a code phrase meaning “fear of religion.” Religions, like all other ideas, deserve criticism, satire, and, yes, our fearless disrespect.”

 

Comment: All religions and all religious people do not practise a mediaeval form of unreason, Sir.  C.S. Lewis did not. The Apostle Paul did not. Nelson Mandela did not. Archbishop Desmond Tutu does not.  Barbara Kingsolver does not. Little children who believe in Jesus Christ unconditionally do not. Jesus Christ of Nazareth certainly did not. To thousands of people worldwide Biblical faith is not a a mediaeval form of unreason.  Many, including this member of Pen Afrikaans, will keep on saying to the end:  “I have complete confidence in the gospel; it is God's power to save all who believe, first the Jews and also the Gentiles. For the gospel reveals how God puts people right with himself: it is through faith from beginning to end. As the scripture says, "The person who is put right with God through faith shall live."   [Rom 1:16-16].

 

Salman Rushdie's statement is drawing world-wide attention. It contains the intolerant catch-phrase: ”a mediaeval form of unreason” Had the statement read:  “Religious totalitarianism, when combined with modern weaponry becomes a real threat to our freedoms, " this member of PEN AFRIKAANS would have agreed with the content of it.

Rushdie writes: "'Religions, like all other ideas, deserve criticism, satire, and, yes, our fearless disrespect.”

I agree that the quality, motives, practices, doings and beliefs of  any religion — our own especially— should be subjected to constant scrutiny and evaluation. We should write about these things fearlessly and freely. I hope that I am misunderstanding the  sweeping  categorical statement that (all?) religions deserve our fearless disrespect.  They don't.

 
Maureen Freely, President, English PEN said: “
Today we are all horrified, devastated and appalled.  But tomorrow we must look for new ways to stand together with writers and artists of all backgrounds and faiths and take courage from our shared commitment to free speech.” [I agree.]

 
Peter Godwin, President of PEN American Center said: “
We are sickened and shocked by this atrocious attack. The right to criticize - even in a manner some may find offensive - is vital to all free and democratic societies, and writers and artists around the world must unite to protect freedom of expression against this cowardly and deplorable act.” [I agree.]

 
PEN Turkey condemned the “
Violent attack which killed not only our friends – journalists and caricaturists, but also threatens our  freedom of thought and expression. Today, we are all Charlie Hebdo." [I agree.]

 
PEN Quebec, in the name of its members and all writers from Quebec, “
condemns the slaughter of our colleague’s from the magazine Charlie Hebdo. We join the global literary community, and all those who reject violence and wish to live in freedom and to express their views and thoughts freely”. [I agree.]

 

Splitting hairs?  No. Just pondering the many ways in which anyone of us — Christian, atheist, academic, Muslim and authors, too — can execute acts of scarring violence.

May the Lord have mercy upon us.

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Hoe om jou kat se gevegswonde gesond te kry

 

Hoe om  Kittie se gevegswonde gesond te kry

Jare gelede was daar Eusol.  Ons het alle wonde, swere, absesse en letsels wat nie wou gesondword nie, daarmee gesond gekry. 

Nou is daar katte en katgevegte. In die apteek vra die een wat jou van raad moet bedien: "You-what?"  Sy/hy dink jy praat Engels, al lyk jy Afrikaans.

"Eusol,'' sê jy ferm.

Nog nooit daarvan gehoor nie, hoor jy. nadat sy rondgevra het, soos oor 'n munstuk uit die tyd van die VOC. Partykeer kry jy ook die kyk wat museumbesoekers kyk wanneer hulle dinosourusbeendere betrag.  Jy loop onverrigtersake uit die apteek.

 

Ons het vir Mathata, Tienka, Tommie en die besoekende Victoria hier op die grasvlaktes. Hulle vier word aangeval deur die skrik wat in die nag wandel, die vlaktekatte wat uit die donker opduik.  Dan lyk ons katte en Victoria soos op die prentjie, soms met 'n tonnel van die een kant van die stert na die ander kant toe. Toe drie van die vier so gelyk het, het ek geween en toe gaan kyk wat die samestelling van Eusol is. Kon nie presies die regte bestanddele kry nie, maar die eenvoudige alternatief werk wonderlik.

JIK & BOORSUURDOEPA

  • Los een teelepel boorsuurpoeier in bietjie warm water (nie kokend nie) op.
  • Voeg twee desertlepels Jik hierby. Meng deeglik.
  • Druk 'n wattepluisie in die mengsel.
  • Tel jou niksvermoedende kat op jou skoot en druk die deurweekte wattepluis so lank moontlik op die wond.
  • Doen dit aanvanklik drie keer per dag, later een of twee keer.

Jou kat se wond sal gesond word.

 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR:   seker7seker@gmail.com

 

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Geloof, Hoop, Liefde onderhoud met Lindie Strydom

Die lekkerte van 'n onderhoud met Lindie Strydom (KykNet, Geloof, Hoop, Liefde) is dat sy die hele onderhoud soos 'n gesprek by die kombuistafel laat voel.  Dat jy deel van die Liggaam van Christus voel. Hier is 'n skakel na ons twee se gesprek oor Botterblom, vir die rekord.

Dankie, Lindie!

http://kyknet.dstv.com/video/718344/category/0/


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  ’’Weet jy dalk…?’’

        ’’Weet jy dalk…?’’

                                        Maretha Maartens

’Weet jy dalk waar ons my nuwe sakdoeke gesit het, Skattie?

Ons tweetjies beweeg gewoonlik nie so saam-saam deur die huis om sakdoeke weg te pak nie (dalk doen ander paartjies dit), dus weet Skattie nie. Maar as die nood groot is, moet jy dínk.  Sakdoeke, veral nuwes, skuil meestal in baadjie- en broeksakke soos wat daardie uitdrukkinglose, persoonlikheidlose goggatjies onder klippe skuil.

Om kortpad na die regte kledingstuk te kan kies, moet jy die aktiwiteite  waarby jou ou Lam die afgelope twee maande betrokke was, in herinnering probeer roep. Was hy vendusie toe?  Dan is dit  die bruin broek wat na bees sal bly ruik as jy dit nie konfiskeer en in die wasmasjien gooi nie. Was hy kerkraadsvergadering toe? Dan bring baadjiesakke met opgerolde agendas en die gemeentekalender daarin, jou op die spoor. Die baadjie ruik ook soms na vetkoek, sop of botterbroodjies.  Was ou Lam kafee toe met die kleinkinders?  Dié kêffiebroek is plek-plek so bakkerig soos ou seil en taai daarby.

‘’Weet Ma dalk… waar ek ‘n potloodskerpmaker/naelknippertjie/ toonnaelknipper wat nie so stomp is nie/ buisie gom met iets daarin/ ‘n halfteelepel oreganum/ ‘n takkie vars pietersielie/  die handleiding van hierdie primitiewe drukker/ ink vir hierdie primitiewe, stupid drukker/ iemand wat ink vir hierdie primitiewe, stupid, belaglike drukker aanhou en verkoop/  iemand wat hierdie primitiewe drukker kan herstel as van die pennetjies afgebreek het/ my geboortesertifikaat, die oorspronklike/ my Matriekuitslae-simbolestaat in die hande kan kry?’’

Moet jouself nie bejammer as jou kinnertjie ‘’Bam!’’ skree en bloupers raak omdat jy die bal/bak/ stukkie ham of jou rooi kam nie flink genoeg aangee nie.

Die hef aan, vroutjie, lê nog voor.  Hoe ouer hulle raak, hoe meer spesifiek raak die versoeke en hoe korter is die grasietyd en die humeure.  Bowendien het hulle die kuns van argumenteer aangeleer.

Jy sal jou naam gereeld hoor.  Jý, wat hulle sokkies so stil daar in jou hoekie sit en stop het, is laaste met die toonnaelknipper gesien.  Jy is verdagte nommer 1. Jý is veronderstel om handleidings vir enigiets, van stowe tot strykysters, te liasseer, siende dat jy nie ‘n meganiese kop het nie.

Maar ons wat so opgekommandeer word, het ons eie ou grappie. Dis nou die een van die arme kind wat by die dokter uitkom met hoofpyne wat haar bly  folter.

‘’ Ek kan nie veel vir jou doen nie, kind,’’ sê die dokter ná die ondersoek. ‘’Die hoofpyne sit in jou brein.  Ons kan vir jou ‘n brein oorplant, maar die mediese fonds sal nie uitbetaal nie. ’’

‘’Ag, dokter,’’ sê die kind se ma, ‘’sy is maar vyftien jaar oud. Sy het haar hele lewe voor. As so ‘n oorplanting kan help, sal ek en haar pa vir die operasie betaal. Wat kos dit presies?’’

‘’Een miljoen Rand vir ‘n oorplanting waarin die brein van ‘n manlike skenker gebruik word,’’ sê die dokter. ‘’En R25,000 vir die brein van ‘n vroulike skenker.’’

‘’Nou… waarom is die brein van die vroulike skenker soveel goedkoper?’’ vra die ma.

‘’Mevroutjie,’’ sê die dokter vertroulik, ‘’ u weet mos self: vroue se breine word gebrúík.’’


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Hengelskakel! Volpunte vir NEDBANK

Oor hierdie Afrikaanse woord is ek gaande:
Phishing link: HENGELSKAKEL.

'n Pluimpie vir  NEDBANK wat so 'n mooi woord in 'n teksboodskap aan sy kliënte stuur. Pasop vir                    HENGELSKAKELS!

Skildery: Die Hengelaar. Ferdinand Hodler, 1853-1918.
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  WIL JY GRAAG IN DIE KOP VAN ‘N SUKSESVOLLE SKRYWER EN UITGEWER KLIM?

WIL JY GRAAG IN DIE KOP VAN ‘N SUKSESVOLLE SKRYWER EN UITGEWER KLIM?
Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse nasionale BSV-Slypskool 2014 vanjaar met Chanette Paul!
Wil u graag in die kop van ’n suksesvolle skrywer en uitgewer klim? Chanette Paul is kundig oor beide! Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bied vanjaar in samewerking met Afriforum op Saterdag, 23 Augustus 2014 om 8:00 – 15h00 in die Noorderbloem-Aftree-oordsaal in Metzstraat, Bayswater, Bloemfontein die jaarlikse BSV Slypskool vir ontluikende skrywers aan onder leiding van die gewilde spanningsromanskrywer, Chanette Paul. Sy gaan fokus op interessante temas, soos: “Afrikaanse Ontspanningsfiksie sedert 1995, skryftegniese vaardighede en stylelemente, die kernverhaallyn, plot en storie, fokalisering wat nie ’n vloekwoord is  nie, karakters wat nie zombies wil wees nie, al is hulle en skryf en herskryf voor die eindproduk,” ens. Die koste vir die slypskool, middagete, skryfbehoeftes en verversings ingesluit, is R300 vir die publiek en ‘n spesiale goedkoper tarief vir BSV-lede, ook diegene wat as lede op slypskooldag aansluit. Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging,, kan slegs 80 slypskoolgangers geakkommodeer word en is meer as die helfte van die plekke reeds opgeraap. Al die wenners van die BSV se landswye skryfwedstryd en een BSV-beurshouer gaan ook die slypskool gratis bywoon en die prysoorhandiging van die wenners van die landswye BSV Skryfwedstryd, Skrywers 2014, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV, vind tydens dié geleentheid plaas. Uittreksels uit die weninskrywings word dan ook voorgelees en die publikasie, Inkvars 2014, met die weninskrywings en beoordelaarsverslae, word tydens dié geleentheid bekendgestel. Protea-Boeke sal ook tydens die slypskool boeke oor kreatiewe skryfwerk uitstal. Die BSV borg jaarlikse ’n belowende skrywer wat nie die slypskool kan bekostig nie, om die betrokke jaar se Slypskool gratis by te woon. Indien u enige kandidaat wil nomineer, voorsien ons asb. van die naam, omstandighede en volle besonderhede, tesame met ’n voorbeeld van sy/ haar skryfwerk vir beoordeling. Om iemand te nomineer vir die skryfbeurs, of om die laaste beskikbare slypskoolplekke op te raap, kontak ons asb. so spoedig moontlik by 0733883377, of stuur ‘n e-pos na bloemsv@gmail.com  
 
Addisionele inligting

CHANETTE PAUL woon in  skewerige huisie op die oewer van die Kleine Rivier in die Overbergse dorpie Stanford waar sy met allerlei storiedinge bedrywig is, haar kat probeer vlooiloos hou en bederf word deur Blom, die man in haar lewe. Sy hou daarvan om walvisse in naburige kusdorpe dop te hou en hoop sy sien eendag  meermin.
 Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ’n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ’n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer. Sedert 1995 het ? verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook agtien romanses. Vir haar debuutromanse ontvang sy Perskor se prys vir beste romantiese fiksie. Sy skryf ook drie ernstiger romans en in 1999 en 2006 is Wip van die droomvanger en Leila word lig onderskeidelik op die kortlys vir die ATKV-Prosaprys.
Sy verwerf egter eers bekendheid met haar twee reekse, naamlik die sewe historiese liefdesromans genaamd die Davelvroue-reeks, en vyf romantiese spanningsromans wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand-reeks. Boheem, die derde boek in dié reeks is ’n finalis vir die 2010 ATKV-Woordveertjie in die kategorie, Spanningsromans.
Hierna volg die Maanschijnbaai-tweeluik wat saam ? humoristiese familieroman vorm. Die tweeluik is ? finalis vir die 2013 ATKV-Woordveertjie in die Liefdesroman-kategorie. Die eerste boek in die tweeluik, Jo & Sue, is ook deur lesers aangewys as Lapa se 2012 Lekkerlit Boek van die Jaar.
Hierna keer Chanette terug na spanningsromans, dié keer in heel ander gedaante as voorheen. Labirintverskyn 2012, Siende blind in 2013 (aangewys as Lekkerlit Boek van die Jaar 2013) en Raaiselspieël in Maart 2014.
Ewebeeld word in November verwag. Dis weer eens ? spanningsroman en Chanette se 40ste boek en 10de spanningsroman.
 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  WIE IS EK? deur Louis Awerbuck en Lise Swart

WIE IS EK? deur Louis Awerbuck en Lise Swart
Naomi Meyer, Louis Awerbuck, Lise Swart
Titel: Wie is ek?
Outeurs: Louis Awerbuck en Lise Swart
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781920654603
Koop Wie is ek? by Kalahari.com
Louis Awerbuck en Lise Swart se Wie is ek?-reeks op RSG gee vir gewone mense kennis van algemene sielkundige kwessies, soos angsversteurings. Wie is ek? het pas as boek by Naledi verskyn en Louis en Lise vertel vir Naomi Meyer waarom hulle dink daar's 'n ongemaklike vraag wat elke mens op aarde behoort te antwoord.
Hallo Louis en Lise. Julle boek, soos jul program op RSG, se titel is 'n belangrike vraag wat min mense lus het om te beantwoord. Hoekom is dit belangrik om die vraag te vra?
Louis: Deel van die evolusie van bewussyn is die ontwikkeling van 'n metaperspektief, waar die mens vanuit 'n sogenaamde objektiewe waarnemingsposisie na hom- of haarself kyk. Nog nooit vantevore was 'n "buiteperspektief" van jouself en jou interaksie met andere en jou omgewing so relevant soos vandag nie. Die vinnig veranderende wêreld en hoe dit ons denke, gevoel en gedrag beïnvloed, veroorsaak dat die vraag “Wie is ek?” nie meer 'n saak van interessantheid is nie, maar 'n saak van oorlewing.
Mense is dikwels skaam om 'n sielkundige te spreek, en nou praat julle oor die radio en in die openbaar oor sielkundige kwessies. Waar het die idee vir so 'n geselsprogram vir julle albei begin?
Lise: Dit is eenvoudig so dat mense oor die algemeen oningelig is oor die betekenis en behandeling van sielkundige probleme. Omdat nog minder mense toegang het tot privaat behandeling, is dit vir my verstommend dat dit nie vroeër gedoen is nie. Een uit drie van alle Suid-Afrikaners ly aan 'n geestestoestand! Omdat ek van nature baie vrae oor die meeste onderwerpe het, het ek deur Louis se antwoorde agtergekom dat mense baie oor hulself en die invloed van hul omstandighede kan leer. Ons begin toe ’n radioprogram vir gemeenskapstasies (gratis), en toe ons sien hoe baie mense daarvan hou en daaruit leer, het ons met RSG begin gesels.
In 'n land waar baie mense nie geld het vir brood nie, sal mense eerder 'n dokter betaal wanneer 'n liggaamlike krisis opduik, eerder as om die sielkundige te gaan spreek. Heel prakties: Kan jul program mense help wat raad nodig het, of moet hulle maar spaar en hul eie sielkundiges gaan spreek vir persoonlike probleme?
Louis: Ons probeer ons bes om in elke program praktiese raad te gee wat vir enigiemand verstaanbaar behoort te wees. Dit is natuurlik nie altyd maklik nie, want mense se omstandighede verskil. Verder onderneem ons ook dat enige luisteraar ons direk per e-pos kan kontak, waar ek gratis advies gee so goed as wat ek per e-pos kan. Verwysing gebeur slegs as iemand dit kan bekostig, of daar geen ander alternatief is nie.
Lise: Wat mense ook nie altyd besef nie, is dat báie fisieke toestande as gevolg van geestelike probleme ontstaan. Die kop is deel van die lyf en hulle beïnvloed mekaar. Ons almal verstaan tog dat stres jou baie siek kan maak.

Lees verder: klik op http://www.litnet.co.za/Article/wie-is-ek-deur-louis-awerbuck-en-lise-swart

 

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  HOE LEER JY SKRYF?

HOE LEER JY SKRYF?
Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy ’n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs ’n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is ’n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help. Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar dié boek gaan nie oor wat die skrywers sê nie – belangrik soos dit mag wees – maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Ná elke uittreksel word daar vrae gestel wat die leser help om dié woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer. Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets ... Lees meer
Klik op http://www.leserskring.com/Product/ProductDetail/10073


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  RSG en SANLAM SE RADIODRAMA-SKRYFKOMPETISIE.

RSG en SANLAM SE RADIODRAMA-SKRYFKOMPETISIE.
Hier is jou kans om in R50 000 se prysgeld te deel in RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie. Klik op AFLAAI hieronder vir die handleiding en op MEER vir skryfwenke. ...
Voor jy klik kyk op hulle webblad.
http://www.rsg.co.za/


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Wenners van Nasionale Skryfwedstryd

DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Skrywers 2014, bekend gemaak

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd, vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln), het weer vanjaar honderde inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika en van oorsee opgelewer Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), is dit weer eens ’n bewys dat hierdie gevestigde skryfwedstryd ’n nasionale (en selfs internasionale) profiel toon en ’n baie belangrike bydrae lewer tot ’n belangstelling in kreatiewe skryfkuns in Afrikaans onder oud en jonk. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en daarna met ’n slypskool ontwikkel is.
Altesaam R15 000 se pryse is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole was op die spel. Hoërskool D.F. Malan het vanjaar vier wisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm – ’n jarelange rekord waarop hul trots is en wat moeilik deur ander skole geëwenaar gaan word. Hoërskool Jim Fouché het die Poësie Skoletrofee ingepalm met ’n eerste en tweede plek in poësie. Heel ongewoon was ’n aanmoedigingsprys vir ’n laerskoolleerder, 12 jaar oud, van Universitas Primêr wat teen hoërskoolleerders deelgeneem het.
Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2014 gebundel word en op 23 Augustus 2014 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers, geborg deur Afriforum, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners ’n daglange slypskool onder leiding van Chanette Paul, wat nie net Lapa-uitgewers se gewildste Lekkerlitskrywer is nie, maar ook vanuit ’n uitgewersperspektief kan praat, as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die slypskool teen R300 wil bywoon (BSV-lede betaal R160), of Inkvars 2014 teen R80 per eksemplaar wil aanskaf, kan Lelani Fourie (BSV-sekretaresse) by bloemsv@gmail.com , of sel. 0733883377 kontak.
Wenners van die BSV se “Skrywers 2014” is:
SKOLE-AFDELING (A):
JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)
1ste (R1200) en trofee: Christi Barkema, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
2de (R700):                   Dominic Roux, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
3de (R400):                   Marize Meyer, gr. 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.
Eervol vermeld:             Izel van Zyl, gr. 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.
SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)
1ste (R1 400) en trofee:  Carli Blignaut, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
2de (R800):                    Zanré van Staden, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
3de (R500):                    Simònn Meyer gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Eervol vermeld:             Anneke Tucker, gr. 10, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
 
ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: Carli Blignaut, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
OPE AFDELING DS (Poësie Skole):
1ste (R1 400) en trofee: Jemima Meyer, gr. 11, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
2de (R700):                    Handré Jankowitz, gr. 10, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
Aanmoedigingsprys:      Elize Hoffman, 12-jarige, Universitas Primêr, Bloemfontein.
OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):
1ste (R1400) en trofee: Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.
2 de (R800):                  Fred Charly, Lichtenburg.
Eervol vermeld:            Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.
OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):
1ste (R1 400) en trofee: Mev. Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.
2de (R800):                       Dr. Dunes van der Merwe, Strand.
Eervol vermeld:             Mnr. Coen Basson, Oudtshoorn.
OPE AFDELING D (Poësie):
1ste (R1 400) en trofee: Mev. Hilda A. Smits, Nashville, VSA.
2de (R800):                    Me. Karen van Vuuren, Woodland Hills, Bloemfontein.
Eervol vermeld:             Mnr. Leunis van Rooyen, Brixton.
TROFEË:
HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  STAND VAN AFRIKAANSE SKRYFKUNS

Poolshoogte

Etienne van Heerden

Beste LitNet-leser

Waar staan die Afrikaanse letterkunde 20 jaar ná demokrasie?

LitNet en sy afdeling vir akademiese skryfwerk, LitNet Akademies, neem met 'n aanlyn kongres poolshoogte* van die stand van Afrikaanse skryfwerk, met die hulp van skrywers, uitgewers, letterkundiges, boekjoernaliste en lesers.

Hoe lyk skrywers van verskillende generasies se wêrelde? Waaroor skryf hulle? Wat lees hulle en waar? Waarheen dink hulle moet die Afrikaanse letterkunde gaan – wat ontbreek en wat moet verken word?

Drie ouderdomsgroepe word onder die loep geneem: onder 35, onder 50 en bo 50.

Deelnemers aan hierdie aanlyn kongres word dus gevra om poolshoogte te neem van temas, tegnieke en tendense in die huidige Afrikaanse literêre produksie en gebeure oor die afgelope twee dekades.

Dit is 'n verkenning deur LitNet en LitNet Akademies, aangebied oor etlike maande heen, en ons nooi julle graag om deel te neem.

Openingsprekers in elke afdeling sal genooi word, maar ons verwelkom alle bydraes. Die verskillende gesprekspunte volg hier onder.

Ek hoop dat ons met julle hulp interessante studiemateriaal gaan skep (alles sal geargiveer word) en dat dit vir ons LitNet-gemeenskap boeiende leeswerk gaan oplewer.

---Vir besonderhede klik op onderstaande:

http://www.litnet.co.za/Article/poolshoogte


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Inskrywings vir die kykNET Silwerskermfees nou oop

Inskrywings vir die kykNET Silwerskermfees nou oop
LitNet2014-04-23


,Is jy ’n aspirant filmmaker? Soek jy ’n platform vir een van jou bestaande kortfilms? kykNET bied weer hierdie jaar die geleentheid om die opbloei in die Suid-Afrikaanse filmbedryf te vier tydens die Silwerskermfees.
Die Silwerskermfees het homself die afgelope 4 jaar gevestig as ’n gerekende fees in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Die fees beoog nie net om groter blootstelling aan Suid-Afrikaanse rolprente te gee nie, maar skep ook die geleentheid vir gevestigde rolprentmakers en aspirant filmmakers om tydens die fees met mekaar in gesprek te tree. Dit is hierdeur dat die Silwerskermfees streef om innoverende samewerking tussen kunstenaars aan te moedig en so die voortbestaan van Suid-Afrikaanse film koester.
Die fees moedig enige passievolle rolprentmakers aan om in te skryf met voorstelle vir nuwe kortfilms, of om van die geleentheid gebruik te maak om bestaande werk groter blootstelling te gee.
Films wat aanvaar word, word tydens die fees vertoon en sal later die jaar ook op verskeie DStv-kanale uitgesaai word.
Die fees vind hierdie jaar weer vanaf 27-30 Augustus in Kampsbaai plaas.
Inskrywings vir nuwe kortfilms en bestaande werke het 14 April 2014 geopen, en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word.


 
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter
BRON: http://www.litnet.co.za/Article/inskrywings-vir-die-kyknet-silwerskermfees-nou-oop.

 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  KNALLER!


  Vir sommige het die uur van waarheid aangebreek: wat geskryf moet word, moet nou  
  spoedig geskryf word. Ander, weer, skryf al jare lank, maar voel asof hulle 'n middeljare-krisis
  in hulle skryfloopbaan getref het.
 
  Ons wil skryf; ons wil in Afrikaans skryf, ons wil ons skryftegniek verbeter.
  Soms wens ons dat ons 'n persoonlike skryfafrigter gehad het.

 LitNet, die wêreldklas webwerf vir woorde, boeke, skrywers, kultuur, idees, opinies en  kreatiwiteit, bestuur nou die Om te Skryf  leer-inisiatief. Gratis en verniet kan ons nou by die meesters leer en self oefen om oor onsself, ander,  idees, gebeurtenisse, nuusgebeure ens. te skryf.
 
  Kliek hier om die OMTESKRYF-ervaring saam met baie ander te beleef:
  
  http://www.omteskryf.litnet.co.za/#

Dit is die moeite werd om op die keusekaart onder die logo-balk te kliek. Die eerste item waarop ek gekliek het, was die woordelys. Goeie keuse, want ek wil nie weer daarsonder wees nie. 'n Voorbeeld  van wat jy in die woordelys aantref, is die volgende:

Knaller
Dié term dui op ’n uitdrukking wat aandag trek omdat dit in die konteks ongewoon voorkom. Byvoorbeeld in Koos Bekker se huldeblyk aan SJA de Villiers van Kook en Geniet-faam (Hoofstuk 85): “Maar nie alles nie: my ma was byvoorbeeld in ons omgewing Koningin van die Skon en dit was haar eie resep: daarvoor moes ek mieliestronke gaan optel om die koolstoof te turbo charge.” Hier is “turbo charge” die knaller.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  14 dinge wat klassieke boeke met mekaar in gemeen het/14 things the Great Classics have in common

Italo Calvino (1923-1985, wydbekende Italiaanse joernalis en skrywer) se definisie van die wesenseienskappe van 'n klassieke literêre werk is werklik lesenswaardig. En moeilik om te weerlê.  Stem jy saam?

So sê dié man:

     1. The classics are those books about which you usually hear people saying: 'I'm rereading...', never 'I'm reading....'
 

    2. The Classics are those books which constitute a treasured experience for those who have read and loved them; but they remain just as rich an experience for those who reserve the chance to read them for when they are in the best condition to enjoy them.
 
    3. The classics are books which exercise a particular influence, both when they imprint themselves on our imagination as unforgettable, and when they hide in the layers of memory disguised as the individual's or the collective unconscious.
 
    4. A classic is a book which with each rereading offers as much of a sense of discovery as the first reading.
 
    5. A classic is a book which even when we read it for the first time gives the sense of rereading something we have read before.
 

    6. A classic is a book which has never exhausted all it has to say to its readers.
 
    7. The classics are those books which come to us bearing the aura of previous interpretations, and trailing behind them the traces they have left in the culture or cultures (or just in the languages and customs) through which they have passed.
 
    8. A classic is a work which constantly generates a pulviscular cloud of critical discourse around it, but which always shakes the particles off.
 
    9. Classics are books which, the more we think we know them through hearsay, the more original, unexpected, and innovative we find them when we actually read them.
 
    10. A classic is the term given to any book which comes to represent the whole universe, a book on a par with ancient talismans.
 
    11. 'Your' classic is a book to which you cannot remain indifferent, and which helps you define yourself in relation or even in opposition to it.
 
    12. A classic is a work that comes before other classics; but those who have read other classics first immediately recognize its place in the genealogy of classic works.
 
    13. A classic is a work which relegates the noise of the present to a background hum, which at the same time the classics cannot exist without.
 

    14. A classic is a work which persists as a background noise even when a present that is totally incompatible with it holds sway.
 
Perhaps most poetic is Calvino's 11th definition, bespeaking the idea that there is room for subjectivity even in a term as deterministically universal as a "classic," and offering a witty answer to the nitpicky reader: "'Your' classic is a book to which you cannot remain indifferent, and which helps you define yourself in relation or even in opposition to it."
 

SOURCE:THE ATLANTIC.http://www.theatlantic.com/entertainment/archive/2012/07/italo-calvinos-14-definitions-of-what-makes-a-classic/259529/
This article also appears on Brain Pickings, editor Maria Popova. Ms Popova writes for Wired UK and GOOD, and is an MIT Futures of Entertainment Fellow.
 
  
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  AL die Spesiale karakters wat jy ooit gaan nodig hê

 ?; ?; ±; ?; ë...

Meer spesiale karakters, breuke en simbole as wat jy op een dag kan benodig, is in hierdie lys te vind:

http://www.mvdmoosdijk.nl/Misc/Altcodes/Alt-codes_for_characters.htm#N


WENK:
Oorweeg dit om dié nuttige webbladsy (URL) te boekmerk.(Voeg dit by jou ster-webwerwe of -bladsye.)
Sleep die naam van die webbladsy dan uit jou boekmerklys na die kant van jou rekenaarskerm, waar dit 'n kortpadskakel word.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  My tydmorsplek, my verkneuterplek, my leerplek

TYDMORSPLEK. VERKNEUTERPLEK. LEERPLEK

Aan hierdie gratis aanlynwoordeboek het ek eindelose plesier. Hier mors ek tyd. Hier verkneuter ek my aan feite waarvan ek niks geweet het nie. Hier leer ek die taal waarin ek net so gereeld as in my moedertaal moet skryf, elke dag 'n bietjie beter ken. DICTIONARY.COM, gratis en verniet benutbaar, bevat 'n tesaurus waarin 'n mens presies die regte woord met die regte aksent kan vind. Dit is 'n woordeboek soos min. En dan het jy die opsie om sommer net te geniet: Die paar sondebokwoorde wat jou sin ruïneer, waar die woord "deadline"vandaan kom...
Moenie sê jy is nie gewaarsku oor die tydmors-aspek van hierdie wonderlike woordeboek nie. 

Have fun! Learn, get savvy.
This is a great dictionary.

Kan iemand tog nie so-iets in Afrikaans begin nie?  

Kliek hier om by Dictionary.com uit te kom:

http://dictionary.reference.com/
 


 
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Die deksel wil nie oopdraai nie en ander ellendes in vertaling

So sit ek nou die dag met 'n vertaling wat net nie reg klink nie:  The lid doesn't want to open.  Ek weet dat ek weet wat die regte vertaling is, maar ek weet dit net nie gou genoeg nie. En so kom ek toe op hierdie goudmyn af.  Kliek daarop en jy wat ook vertalings moet doen, sien 'n lappieskombers van taalhulp.

 https://www.google.co.za/search?gs_rn=16&gs_ri=psy-ab&tok=_JxfAMzm_FdtM_eMBzxZWA&suggest=p&pq=correct+grammar:+it+is+i+or+it+is+me%3F&cp=78&gs_id=cj&xhr=t&q=Correct+grammar:+The+lid+does+not+want+to+open.+Better+word+for+does+not+want&bav=on.2,or.&biw=1364&bih=707&um=1&ie=UTF-8&hl=en&tbm=isch&source=og&sa=N&tab=wi&ei=f-yvUbTdLIHE7AbtiYCwDA#imgrc=_


Terloops, die deksel wat nie wil oopdraai nie:  The lid won't open/budge.  Budge: move slightly. 

As dit regtig gebeur
1. Plaas die prop- of dekselgedeelte van die bottel/fles onderstebo in kookwater, sodat die metaaldeksel kan uitsit van die hitte.
2. Los dit 'n paar minute lank so.
3. Haal uit die water. Vat dit die deksel en fles of bottel stewig vas.  Vou 'n droë lap om die prop of deksel, gee die prop of deksel 'n ferm, vinnige draai. 
4. As niks werk nie, steek of kap 'n gaatjie in die deksel/prop.  Totsiens, deksel, hi, inhoud.

Of belê in 'n vasvatproduk wat soms geadverteer word.




KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  OOR WOORDEBOEKE

Die magtelose gevoel van ontwykende woorde

Oor woorde is daar nie genoeg woorde in my woordeskat nie.  Ek soek die regtes, die perfektes. As 'n mens skryf, luister jy mos na woorde soos wat vioolspelers na ander se vioolspel luister. Jy soek  die perfekte  toonhoogte (perfect pitch), sommer ook 'n term wat ek nie in enige woordeboek kon opspoor nie. 
O, die magtelose gevoel van woorde wat 'n mens ontwyk!
Ek soek woorde.  Hoe ouer ek word, hoe meer soek ek woorde, dalk iets met die gedurige gesoek van ouer word te doen.

Hier is woordeboeke met woorde!  Vir R600 per jaar kan jy al die gewone aangetekende woorde + al die ongewone aangetekendes op jou rekenaar hê. As jy nie die ongewones wil hê nie, kan jy net die gewones bekom vir R350 per jaar.

Hier is die skakel: http://www.pharosaanlyn.co.za/order.php

DIE GEWONES (R350 per jaar)
English/Afrikaans/Northern Sotho/Tswana Aid (1996)
English/Afrikaans/Xhosa/Zulu Aid (2008)
Groot Woordeboek (1997)
Nuwe woorde (1999)
Tesourus van Afrikaans (1994)
Tweetalige Frasewoordeboek (1997)
Verklarende Afrikaanse Woordeboek (2010)

Die  Vakwoordeboeke (R400 per jaar)

Dié aanbod is ideaal vir taalpraktisyns wat dikwels met tegniese jargon werk. Die versameling bevat die volgende woordeboeke en woordelyste:
Bouwoordeboek
Brug
Eiendomsekonomie
Ekonomiese en Bedryfswoordeboek
Filatelieterme
Klassieke eiename
Nuwe Sakewoordeboek (2013)
Oseanologiewoordeboek
Plantkundewoordeboek
Polisiewoordeboek
Suid-Afrikaanse Musiekwoordeboek
Teater-Radio-TV-Rolprentwoordeboek
Tegniese Woordeboek
Tweetalige lys geologiese en verwante terme
Verklarende Biologiewoordeboek
Versekeringswoordeboek
Water- en Rioolwerketerme
Wiskundewoordeboek
Woordeboek van Regs- en Handelsterme
Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe

En hier is die hele kaboedel: : Algemene én vakwoordeboeke (R600)
Dié aanbod gee intekenare toegang tot die hele versameling woordeboeke en -lyste op PharosAanlyn.

Oor betaal en afhaal (ontsluit is eintlik die woord)
1.  Anderkant jou aanlynbetaling ontvang jy 'n kode waarmee jy inteken.
2. My ontsluitingskode het nie inbus toe gegaan nie en tussen ander leers beland. Ek het die kode darem weer toevallig opgespoor. 
3. As jy dalk ook nie jou kode in jou INBUS kry nie, kyk in jou ander lêers, dalk by SPAM of IMPORTANT. 


KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DOWN TO EARTH ADVICE ABOUT WRITING A BOOK


Sinvolle raad oor die skryf van 'n boek
Hierdie video bevat werklik sinvolle advies.  Soms is 'n mens so opgetrek met jou eie idees rondom 'n tema of 'n lewensverhaal, dat 'n mens soos 'n tolbos voortrol. Selfs na 43 jaar se ervaring in die Land van Skryf (soms oases, soms woestyn, soms berglandskap, soms so erg soos die voorwêreldse landskap waarin bergfietsroetes afgebaken word), nooit 'n landskap van 150 km per uur nie, weet ek dat dié advies reg is.  Sif, pas aan volgens SA behoeftes en middele... maar kyk aandagtig. Ons kan nie almal links en regs huur en betaal nie, maar ons kan almal leer. Soos die oumense sê: ons kan met die oë steel. En ons eie planne maak.

 



This is an outbound link to YOUTUBE: http://www.youtube.com/watch?v=ZFphzWufiow. How Do I Write a Book?" My Step-By-Step Guide to Writing a Book: She takes on the world.com. 
 
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Vertalingswoordeboek/Translation Dictionary

Die woordeboek wat ons daagliks gebruik: 'n vonds vir Afrikaanssprekendes
The translation dictionary we use daily: A real find for English speaking South Africans


http://www.majstro.com/Web/Majstro/home.php?gebrTaal=eng

Of kry die vertaling sommer hier: 

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  GINGER: die spel-en taaltoetser vir alles wat jy in Engels skryf

GINGER spel- en taaltoetser: beter as rooibostee met gemmer (en lg. is bitterlik lekker!) 
Hier in die Vrystaat het ons 'n halfuur se opwarmingstyd nodig voordat ons behoorlik Engels praat. Om van Engels skryf nie te praat nie...
So ontdek ek toe vir GINGER.  Wat 'n vonds!  Dit is gratis. Dit draf vinnig deur enigiets wat jy in Engels skryf. Installeer, kliek op enige plek in jou dokument en kliek dan op die F2-sleutel. Dit is een van die mees gerusstellende gratis goed wat hierdie ou Vrystater nog afgelaai het.
  
CNET Editors' review  by: CNET staff on August 06, 2012

Ginger is a free spelling and grammar checker based on concepts like full-sentence context and text-to-pronunciation. This free Web-based tool can help writers improve their skills and produce clear, error-free text. Ginger is fully compatible with Microsoft Office tools such as Word, Outlook, and PowerPoint, as well as Firefox and other browsers.

Ginger installs locally on your PC, but it also uses Web-based tools, and it requires an active Internet connection to work. Setting up Ginger is easy. When it's running, Ginger places a small button bar centered at the top of the screen; clicking it opens an expanding spell checker panel, or you can press F2 to have Ginger check any open document. Ginger's interface is split horizontally between the text being checked and the same text with recommended changes (if any) highlighted; clicking Approve accepts the changes, or you can simply click away to close the window. The Settings menu accesses features such as our Personal Dictionary; we could also set Ginger as our default spell checker in Word and other apps and access a Web-based Help file, user community, and other resources.

Ginger is easy to configure and use, but first-time users may want to run the program's tutorials. Ginger is capable of creating lessons and quizzes based on your errors -- unlike other spell checkers, which are happy to let you go on making the same mistakes over and over again. Ginger also incorporates specific, unique technology designed to help people with dyslexia, including tools that focus on unusual and phonetic spelling. Ginger's personalized tutor feature analyzes repeated errors, including whole-context errors, and suggests corrections. A premium version is available.


Read more: Ginger Grammar and Spell Checker - CNET Download.com http://download.cnet.com/Ginger-Grammar-and-Spell-Checker/3000-2279_4-75532615.html#ixzz2RAxfJol9

http://download.cnet.com/Ginger-Grammar-and-Spell-Checker/3000-2279_4-75532615.html

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  SEWE DINGE WAT JY OOR KRITIEK MOET WEET

Sewe dinge wat jy as skrywer oor kritiek moet weet
1. Alle skrywers se werk word gekritiseer. Vir die ware skrywer is kritiek soos ‘n spoedhobbel. Hy  ry/skryf stadiger en oorweeg die relevansie van die spoedhobbel.  Is die spoedhobbel daar as keerwal teen iets gevaarliks of ongewens?  Kan hy  rustig  langsaan verbygaan? Soms kan ‘n mens dit doen.  Maar die besluit lê in jouself.
2. Die kuns en tegniek van skryf is nie verhewe bo die kuns en tegniek van swem nie. Swemmers  het afrigters wie se aanbevelings,  erns met jou tegniek en aandrang op gedissiplineerde werk in die swembad baie belangrik vir jou swemloopbaan en  vordering  is.  Swemmers  wil ook soms oppak en loop wanneer hulle afrigter moeilik raak.  Skrywers het uitgewers, mentors en veral resensente as afrigters. En, ja, ons wil almal soms oppak, die laptop toeklap en nie terugkom nie.  Moenie.  As ons die coach ernstig opneem, swem/skryf ons gaandeweg beter.
3.  Daar is ‘n gesegde oor lyding: “Sommige mense vra: ‘Hoekom ek?’ Wat hulle eintlik moet vra, is: ‘Hoekom nie ek nie?’ " Dit is ‘n ewe goeie gesegde oor literêre kritiek.  ‘Hoekom ek?’  is nie ‘n goeie skrywersvraag nie. Wat ek eintlik moet vra, is: ‘Hoekom nie my boek/manuskrip/skryfwerk/gedigte nie?’ 
4. Daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag; daar is 'n tyd om te besluit of jy die guts het om die resensie van jou boek/ uitgewerskritiek rakende jou manuskrip vyf keer stadig en deeglik te lees.
5. As jy dié kommentaar kry, moet jy in sak en as gaan sit. En na 'n week moet jy van meet af aan begin:  "Your manuscript is both good and original, but the part that is good is not original and the part that is original is not good."  –Samuel  Johnson.  Of jou uitgewer.
6. Diep in dié definisie skuil die rede waarom ons die pyn van uitgewers/resensente/anders skrywers se kritiek moet verduur: "Manuscript: something submitted in haste and returned at leisure."— Oliver Herford.
7. Die meeste resensente is normale, intelligente mense met kennis, kundigheid en ‘n hart.  Hulle weet hulle reputasie is ook op die spel wanneer hulle ‘n boek resenseer.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  TAALGIDS TAALEENHEID PDF IS "N VONDS!


TESSA VIVIERS se TAALGIDS TAALEENHEID PDF vir taalvrate is 'n vonds!

Die HAT het te min in en die WAT is nog nie klaar nie. Daarby het Afrikaans sy dinge. Begin skryf, en jy begin wonder oor e-pos en ge-epos, geeepos, ge-e-pos...Dan ontdek jy TAALGIDS, TAALEENHEID, saamgestel deur Tisa Viviers van die Universiteit van Johannesburg. Jy voel meer bemagtig en minder in ontbering omdat die HAT te min na jou sin bevat.

As jy nooit genoeg van die regte woorde, die regte woordvolgorde, nuwe afkortings en tweetalige terminologielyste kan kry nie (bench marking is normstelling, printout is drukstuk), gaan gooi 'n draai by die Universiteit van Johannesburg se taaleenheid met Tessa Viviers aan die hoof van die Taalgids wat in pdf formaat beskikbaar is.

Jy begin dit lees en twee uur later weet jy:

Politieke is ‘n byvoeglike naamwoord. En polities is ‘n bywoord.
Jy stuur e-pos uit. Jy het ‘n e-posadres. En ek wonder of jy die dokument al ge-e-pos het.
M-studente skryf ‘n verhandeling of skripsie en het ‘n studieleier.
D-studente het ‘n promotor en skryf ‘n proefskrif.
Tyd word so geskryf, g’n “h’s nie: 08:36.
Die volgende werkwoorde word altyd saam met die volgende selfstandige naamwoorde gebruik:
n toekenning doen
‘n bekentenis doen
Stappe doen
Aanbeveling doen
Mededeling doen
Skening doen.

(Maar nie: “Ek doen,” in plaas van “ja” nie.Dié een las jy dan sommer self by.)

Taalgids, Taaleenheid, Universiteit van Johannesburg. 2011. Saamgestel deur Tisa Viviers.

http://www.uj.ac.za/EN/CorporateServices/LanguageUnit/styleguides/Documents/Afrikaanse%20Taalgids.pdf

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  NOU KLIK ONS IN AFRIKAANS


Dankie aan die Skim... nou klik ons in Afrikaans
Afrikaans klink alte goed in die kuberruim.
Right-click is regskliek, regsklik.
Die Taalkommissie verkies "klik."

Hier is 'n skakel na kuber- en internetterme in Afrikaans.
Het nie 'n idee wie hieragter sit nie, weet net ek gebruik dit elke dag. Dankie aan die goeie Skim.

http://forge.joomla.org/gf/project/afrikaans_taal/wiki/?pagename=AAA.




KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  MOET-Hê: DIE AFRIKAANSE SKRYFGIDS


Die MOET-Hê VIR SKRYWERS:  DIE AFRIKAANSE SKRYFGIDS.
Saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn. Penguin Books SA., 2012.

Hierin lees jy van die skryfproses, hoe om 'n storie te beplan, dialoog, wys en vertel. Jy lees van die kortverhaal, die vertaling van prosa, die roman. Jy ontdek misdaadfiksie, romantiese ontspanningsfiksie, Chick-Lit, Christelike romans en die steekse donkie van jeugromans. Jy stel vas of jy kan dig. Jy leer hoe om vir TV te skryf. Hoe om resensies te skryf. Jy leer selfs strippe skryf. Jy betree die nuwe wêreld van elektroniese publikasies en mobi-boeke.

Om meer te wete te kom, klik/kliek hier:

http://penguinbooks.co.za/book/die-afrikaanse-skryfgids/9780143530152

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com
 
Terug na Maretha Blog

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2018 Seker.co.za
Chillies