Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 ENTREPRENEURSMARK
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Maretha Blog

Waar ons leef-geselse gesels.

My en Hennie se leefwêreld is een van praktiese planne maak met katte se gevegswonde, bontpootjiebosluise en die ander uitdagings van die groot Vrystaatse grasvlakte waarop ons, soos Abraham en Sara, in ons aardse tentwoning woon. Dié Sara van vandag bak egter nie groot nie, arme Abraham.

Visie vir dié blog? Dat dit goudgeel stuifmeel sal afgee.

En dat ons gay broers en susters in die HERE — julle wat die wêreld vul met musiek, troue vriendskap en skoonheid— ook 'n leunstoel sal vind in die stil kamer wat vir julle in ons harte reggemaak is.

Welkom!

Klik 'n Blog oop:  VIR DOODGEWONE VROUE

MARETHA Maartens ,
VROUEDAG 2016
 
VIR DOODGEWONE VROUE
 
STEMDAG 2016: dit was bitterlik, bitterlik koud.
 Voor ons in die ry was daar ‘n vrou wat jaffels en kerrie en rys wou verkoop. Haar twee kinders moes daarmee in die rye rondgaan.
Die seuntjie het skaam-skaam teruggekom: Mamma, hulle wil nie koop nie.
Hou aan, het sy gesê. En vir haar man: ons moet vir hulle baadjies gaan haal. Hulle kry koud.
Die storie het uitgekom: Albei is in ‘n skool vir kinders met leergestremdheid. Die seuntjie het ‘n hartdefek. Het reeds twee skedeloperasies ondergaan.  Hy kry epileptiese aanvalle. Dit gaan sleg op skool: die werk is vir hom te moeilik. Hulle verkoop jaffels en kerrie om die kinders se busgeld te kan verhaal, want dis ‘n duur storie.
 
Ken jy of is jy:-
  • Die vrou met ’n  baba in ‘n stootwaentjie in die koue, skemerwinter;
  • die weduwee wat alleen met gebarste pyp sukkel;
  • die eggenote van man met depressie of geestesongesteldheid;
  • die moeder van ‘n gestremde kind;
  • die vrou van man wat sy geestelike passie verloor het en om haar rant en rave;
  • die vrou van ‘n boer wat deur droogte geknak is.
  • ‘n kinderlose vrou, vrou wat deur miskraam of dood getref is.
  • daardie vou wat jare laas nuwe skoene, klere, iets wat lekker ruik vir haarself gekoop het;
  • Daardie vrou wat in die reuk van drank en braaksel moet voortgaan?
Ek wil vir jou iets lees wat die HERE 500 jaar vC vir Israel gesê het.  Dit is ook vir jou bedoel.
 
Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: "Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby"? Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.  Selfs jongmanne (Beslis ook raakvattervroue!) word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,  maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. — Jes 40: 27-31.
 
In Christus is elke woord aan elke Israeliet in die tyd van Jesaja vir jou, vrou van  2016, bedoel.  Want:
 
  Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.  God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.  Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.  God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon   en om deur Hom alles met Homself te versoen. — Kol 1:15-20.
 
Kol 2:9-10:   In Hom is die volle wese van God beliggaam,  en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.
 
As Jesus sigbaar langs jou kom staan het, vrou wat jaffels in die ry verkoop,  vrou wat die stootwaentjie in die skemeroggend stoot, gewone vrou wat pas weer geklap of verbaal mishandel is, verkragte vrou, hoe sou sy oë gelyk het?
 
So lyk sy oë vandag vir jou.  Hy het gesê:
 
Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, Joh 14:17  naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.  Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. — Joh 14:16-19.
 
Hy het gesê: En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." –Matt 28:20.
 
 Amit Kalantri het iewers geskryf:
“Statements of ordinary people are ignored like poor freebies, statements of great people are accepted like profound philosophy.” 
En Judith Guest skryf in Ordinary People: “People use people according to their own needs. Or don't use them. When a primary need is one of safety.” 
 
Hy wat veiligheid bied, Hy in Wie slegs waarheid, genade, lig en liefde is, is hier vir jou.  Hy is by jou.  Jesus Christus is op Vrouedag 2016 by jou, elke sekonde, elke oomblik.  En Hy het jou lief tot in alle ewigheid.
 
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  VIR DOODGEWONE VROUE

MARETHA Maartens ,
VROUEDAG 2016
 
VIR DOODGEWONE VROUE
 
?STEMDAG 2016: dit was bitterlik, bitterlik koud.

Klik 'n Blog oop:  WAAR IS DIT LEKKER?

MARETHA Maartens ,
Waar is dit lekker?
In die middel van die winter, op die kakievlaktes van die Vrystaat, dring die besef toe tot ons deur:  lekker is altyd waar dit lekker is.
 Lekker is kompleet en volkome, sonder maar's.
 Lekker kan Stockholm of 'n warm bed wees.  Lekker kan 'n warm stort of Lalibela in Ethiopië wees.  Lekker is volkome en perfek  wanneer jy besef wat jy doen en wat jy beleef, is lekker.
 Daar is geen kompetisie en eintlik geen rangorde in lekker nie.  Lekker op die vlaktes langs die N1 naby Springfontein is presies so lekker soos die lekkerte om bo vanuit die Eifeltoring oor Parys te kyk.  Lekker groentesop by jou gasstofie met die kastrolletjie daarop agter in die Toyota se bak is net so lekker soos warm groentesop in 'n kafee in diepwinter in Berlyn.
 'n Lekker stap in wintergras op die wye vlaktes is net so lekker soos 'n la-a-a-a-ang stap in die strate en stegies van Amsterdam. 
Lekker is lekker, en die vreugde van sekere oomblikke is altyd bo-aan die lys van baie, baie lekkertes, almal onverdiende voorregte .
Lekker is daardie goeie oomblikke wanneer jy besef: ek beleef die goeie.
Vreugde is daardie oomblikke wanneer jy besef: die Here is goed vir my.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  My vriendin Nellie

MARETHA Maartens ,
My vriendin Nellie
Ons het haar lewe Saterdag vir oulaas saam deurdink, in oëenskou geneem, deurgepraat.
Mens doen dit mos later so stuk-stuk, nooit regtig so gefokus nie.
Ek was bevoorreg om 'n huldewoord oor my vriendin Nellie te kon opstel, vanuit die perspektief van vriende, en vanuit die perspektief van haar gesin.
So 'n nalenskap begeer ek.  Vir wat God in 'n mens se lewe kan doen, eer ek Hom!
 
?Hulde aan Nellie de Beer
 
Hoe maklik en watter eer en voorreg is dit om vandag, op hierdie onplesierige, koue dag op die stukkie aarde waar ons woon en werk en spore laat, by Nellie de Beer se voetspore te mag staan en vir elkeen wat hier aanwesig is, te mag sê:  Kyk, haar spore.  Kyk, haar nalatenskap.  Kyk, Nellie de Beer se onuitwisbare lewenspore, haar geloofspad.
 
Eers iets oor ons ander, en wat Nellie vir ons beteken het
Van ons het saam Nellie Sondagskoolpiekniek gehou en op matrasse op 'n Kerksaalvloer in Jeffreysbaai geslaap.  Ons het saam met haar kosmos gepluk vir ‘n onverwagse kosmostroue. In die NG gemeente Noordhoek het Nellie saam met my Kinderkrans gehou, deel van die Vroue-Bybelstudiegroep uitgemaak, aktief meegeleef en saam gesels. Hoe indringend en eg was Nellie se vrae en opmerkings oor die Skrif nie!
 
Nellie en ek en Annatjie Heunis het saam diep in die nag hallelujaliede en psalms gesing terwyl ons in die donker huiswaarts ry, Annatjie en Nellie by sulke geleenthede my dierbare metgeselle op ver paaie.  Soos vir baie ander, was Nellie vir my in moeilike tye 'n dra-mekaar-se-laste sussie in die geloof. 
Elkeen vir wie Nellie in watter fase van hulle lewe ook al ‘n vriendin was, kan getuig dat haar vriendskap nooit ‘n mooiweersvriendskap was nie. Dat Nellie se vriendskap op sy warmste in haar eie en in ons ander se wintertye was.  Want toe ons nog saam in Noordhoek was, het verskeie van ons deur -8 grade Celcius wintersnagte gegaan.  Nellie was daar; ons het saam as vroue van geloof gebid, en ons het almal anderkant uitgekom: gelouter, dankbaar, sterk en nederig.
 
Ons  ander, huisgenote van die geloof, is geseën en met vrede vervul, geïnspireer en versterk deur die vrugte van die Gees in Nellie: haar joy, haar wysheid, haar kalmte van gees, haar vergewensgesindheid, haar liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.  Van die vrug van die Gees in Gal 5:22 het nie een ontbreek nie. 
 
Ons het die diepte van Nellie de Beer se geloof, volharding en trou aan Karel en kerk en kinders en kleinkinders veral tydens ons gemeentekampe leer ken. Vir ons as vroue was dit staptyd, laatnagkuiertyd, praattyd.  Ek onthou hoe ons keer op keer tydens sulke geleenthede hande gevat en ons gebede opgestuur het na die hemel:  hoog in die berge by Blydepoort, in die kerksaal by Jeffreys, terwyl dit buite reën en ons weet die kosmaakgeriewe is maar eina. 
 
Ons vriendin Nellie het die suikerkunsmodel van die kerkgebou van Noordhoek geskep en in die voorportaal geplaas.  Sy het nat van die sweet in Noordhoek se skoustalletjie gewerkEk dink dis Nellie wat gesê het as iemand in sy onbekeerlikheid voortgaan, moet ons hom net bring tot waar ons kerrie kook en tjips maak en aartappels skil. Dan kry die een met die onbekeerlike hart 'n voorsmakie van die hel.
Op Nellie se 80e verjaardag het ek namens baie vir haar gesê: “Jy is van kuns en fynheid, van keurigheid en kreatiwiteit aanmekaargesit, liewe Nellie. Niemand van ons kon soveel lieflike dinge met ons hande maak nie. Niemand kon so met versiersuiker en marzipan  toor soos jy nie.”
 
Nellie, die karaktervormer
 
Maar daar was nog veel méér, daar was soveel aan Nellie wat die oog van mense nie gesien en die baie ore van die lidmate nie gehoor het nie, veral in gesinsverbanbd.
Daar was Nellie se innige liefde vir elkeen van haar en Karel se kinders. Daar was haar 24/7 besorgdheid oor Marlene. Daar was iets in Nellie wat haar haar  eie lewe vir haar kinders en kleinkinders sou laat aflê, wat sy in werklikheid dikwels, dikwels, gedoen het.
 
Nellie was ‘n bidder gewees, die soort eggenote, ma en ouma wie se elmboë duike in die matras gemaak het.  Daar waar die duike gelaat is, was Nellie se knielplek.  Sy het haar kinders en kleinkinders na die Here gelei, en HOM daar waar sy gekniel het, gevra om deur sy Gees en Woord in elkeen van hulle se lewe te werk, sodat hulle tot in alle ewigheid nooit verlore sou gaan nie, en sodat hulle lewe, hulle voorregte, hulle swaarkry, hulle Godgegewe gawes nie vermors en verspil sou word nie.
 
Nellie het oor integriteit, eerbaarheid, karakter en ‘n lewe volgens die wil van God met haar kinders en kleinkinders gepraat.  Maar sy het meer gedoen as praat:  sy het integriteit, eerbaarheid, karakter — ‘n lewe in die Lig— by hulle, voor hulle en in haar verhouding met haar gesin en ander geleef.  Sy het ‘n lewe van vrede met God, oorwinning oor persoonlike aanslae wat haar kon vernietig het, vergifnis, erbarming en huwelikstrou bly leef.
 
Wanneer ‘n mens jou oë oor ‘n hele familie van vreugdemense, ‘n nageslag van integriteit en karakter laat gaan, sien jy wat ‘n een ma vir die een geslag na die ander doen.  Lieflike eienskappe, die keuse vir God, die integriteit en eerbaarheid in Nellie de Beer se  nageslag het nie soos vere in die lug rondgewaai, sodat sommige van Nellie se nasate dit kon gryp nie.  Nellie het die beginsels van die Skrif, die joy en blydskap in Christus, die krag van geloof en vergifnis en volharding, in elkeen van haar kinders ingebeitel.  Nellie het haar kinders in die sagte kombers van liefde toegevou.  Sy het elkeen van hulle as mens liefgehad asof daar nie ander was nie.  Sy was streng en sy was pret, sy was prakties en idealisties, sy was briljant en nederig, netjies en sober, eerbaar en Godvrugtig.
 
Dit was haar geskenk aan haar nageslag: Godsvrug, integriteit, karakter, joy, vergifnis, volharding, ambisie, vrede.
 
Weet julle wat, Karel en Nellie se nageslag?  Julle ma en ouma het julle gebeitel tot mense vir wie daar ‘n toekoms is, ‘n verwagting, werk en respek.  Saam met elkeen van julle eer ons haar nagedagtenis en sê ons:
 
Vader in die hemel, ons dank U vir die rukkie wat Nellie de Beer hier saam met ons op die aarde kon wees. Dankie dat sy nou by U is, dat sy ingegaan het in die vreugde van haar Heer.  Dankie, Here, vir ‘n vrou van die Lig, en dat ons haar kon geken het.
 
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  UITGEBLOKKEER

MARETHA Maartens ,
Uitgeblokkeer
So sit ek vanoggend toe ernstig oor die drie soorte versoekings in my lewe en dink.  Natuurlik is hulle almal daar:  wat my Meester getref het, sal my ook tref. 
Partykeer, weet ek, het ek beswaarlik tyd om te dink. Middagete moet gekook word, die manuskrip moet klaar kom, die wasgoed moet afgehaal word, Hennie se hemp moet gestryk word, Mathata kom sit vir my met groen oë en kyk, dáárdie kyk.  Hy is 17 jaar oud en kry sy eie rug nie meer behoorlik gelek nie.  Ek moet sy ou rug vir hom borsel:  hy is gek daarna, verslaaf aan die borselsessies.
 
Hoe skreiend waar is CS Lewis se gevolgtrekking in The Screwtape Letters nie:
 “Whatever their bodies do affects their souls. It is funny how mortals always picture us as putting things into their minds: in reality our best work is done by keeping things out...” 
 
Just keep things out of her mind. Moenie ruimte laat vir nadink oor wat nagelaat word nie. Moenie ruimte laat vir genoeg tyd met die Here nie.  Vul haar gees en gedagtes, menswees en dae met kommer oor inkomste, eie planne, Mathata se behoeftes,  sperdatums, aanbrandreuke, ‘n slang of twee in die huis, gedagtes aan gras sny, slap grensdrade, enigiets. 
 
Soms hoef die Bose niks in ons gedagtes en gees in te forseer nie.  Hy moet net die beste daar uithou.
 
“When Jesus was tempted, He didn’t debate the devil. He quoted Scripture: “It is written . . . It is written . . . It is written” (Matthew 4:4–10 NKJV). And each time the devil was defeated.” 
 
Here, daar staan geskryf:  Soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid.  Vul my gees en gedagtes met u wil.  En reinig my van wat reeds in my gees en gedagtes is.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  DIE SPANDEER-BESLUIT

MARETHA Maartens ,
Die spandeer-besluit
 
Ek het opnuut besluit om al die krane oop te draai, om te spandeer.  Die lewe is erg, dit gaan erger word, en ek wil en gaan spandeer.
Soms vergeet ek hoe baie ek moet spandeer,  hoe ek tot die einde van my lewe nie mag besnoei nie.
 
Ja, Hennie en ek besnoei dat dit klap en kraak:  dié week tuna in plaas van dit of dat, volgende week ‘n kleiner blok kaas, want die olyfolie is op en sonder olyfolie is die kombuis leeg.
 
Ja, Hennie en ek maak planne om nie te bly uitgee nie.  En dis lekker. 
 
Mens kan ‘n klipmuur bou met tuisgemaakte sement:
 
JOU EIE SEMENT VAN POTKLEIGROND, SAND EN PERDE/BEESMIS
Een vyfliter roomysbak vol kleigrond (kwaai kleigrond, van die soort wat kleef en kliphard word):
Drie vyfliter roomysbakke vol bousand
Een en ‘n driekwart roomysbok vol fyngetrapte droë perdemis of droë beesmis.
Water om dié drie bestanddele tot sementtekstuur te meng.
 
‘n Wonderlike sement!  Jy bou klipmure daarvan.  Jy maak krake en barste daarmee toe.  Agterna, as dit kurkdroog is, kan jy dit verf of afkalk.
 
Maar: spandeer is belangriker.  Ek moet tyd in gebed spandeer.  Ek moet vir my nageslag bid.  Geen belegging is belangriker nie, geen spandering beter nie.  In sy boek, Praying Circles around Your Children, skryf Mark Batterson:
     
“Just as one decision can change your destiny, so can one prayer. If you were to map out your spiritual history, you would find countless answers to prayer at key intersections along the way. Before you were even born, even named, many of you had parents and grandparents who prayed for you. At critical ages and stages, family and friends interceded on your behalf.
 
“Your prayers for your children are the greatest legacy you can leave.” 
“I believe that every blessing, every breakthrough, every miracle traces back to the prayers that were prayed by you or for you. That infinite web of prayer crisscrosses every nation, every generation. And when God finally reveals His strange and mysterious ways, it will drop us to our knees in worship. We will thank Him for the prayers He did answer. We’ll also thank Him for the prayers He didn’t answer because we’ll finally understand why. And we’ll thank Him for the answered prayers we weren’t even aware of.” 

We need people who are strong when we’re weak. We need people who are full of faith when we’re running on empty. We need people who will fight for us on their knees. We all need a prayer circle!” 
 
“100 percent of the prayers I don’t pray won’t get answered.” 
 
“Your prayers are prophecies. You can write the future of your family with your prayers” 
“Prayer turns ordinary parents into prophets who shape the destinies of their children, grandchildren, and every generation that follows.” 

Start reading the Bible, and God will start speaking. And that’s when you need to stop reading and start praying.” 
 
En nog twee opmerkings uit die pen van Mark Batterson:
 
We instinctively attach an ASAP to every prayer and ask God to answer as soon as possible. We need a paradigm shift. We need to start praying ALAT prayers—as long as it takes.”
 
Please listen to me, parents: you are prophets to your children. Jewish philosophers did not believe the prophetic gift was reserved for a few select individuals. They believed that becoming a prophetic was the crowning point of mental and spiritual development. It was the natural by-product of spiritual development. It was the natural by-product of spiritual development. The more one grows in grace, the more prophetic one becomes. This doesn’t mean you will start predicting the future. It means you’ll start creating it. How? Through your prayers! Prayer is the way we write the future. It’s the difference between letting things happen and making things happen.” 
 
Here, hier is ek voor u troon.  Hier is ek, en ek bid dat U U in genade (geen verdienste nie) oor ons hele nageslag sal ontferm.  Dat geen enkele kind, kleinkind of familiekind buite u Koninkryk sal wees, in die duisternis sal leef en sy of haar eie pad sal loop nie.
Ek bid vir ‘n nageslag wat U vir Uself sal neem, tot u eer en verheerliking.
Dankie, Here.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  Applikant

MARETHA , Maartens
Applikant
 
Geagte mnr. die Burgermeester
As inwoner van die stad waarvan u die gewaardeerde Burgemeester is, wil ek graag in hierdie uitdagende tyd my dienste, toewyding aan die mense van ons streek en bereidheid tot samewerking vir u en u Raadslede kom aanbied.
 
Soos elke inwoner van die stad waarvan u die Burgemeester is, sien ek daagliks die  uitgestrekte hande, die smekende  oë en die onmenswaardige bestaan van honderde werklose mense op sypaadjies, op parkeerterreine, selfs langs die paaie buite die stad.  Ek sien honger en radeloosheid, koue en uitsigloosheid.  Dit ruk my aan die hart.
 
Oor die nuus is die ontstellende toename in werkloosheid pas weer bekend gemaak.
 
Dit hinder my dat individue by verkeersligte staan en bedel, dat bejaardes van alle kultuurgroepe met die absolute minimum kos uit winkels kom, dat kinders honger skool toe gaan en koud slaap.  Dit hinder my dat mense (wat dit kan bekostig) een-een hulle dienste in koerante of op OLX adverteer, dat hulle goedjies verkoop om net kop bo water te kan probeer hou.
 
Dit hinder my veral dat almal net praat, net sug, net hoop dat iemand anders iets aan die situasie sal doen.
 
Meneer die Burgemeester, ek wil u versoek om ‘n nuwe pos binne die raamwerk van die Munisipale gebied waarvan u burgemeester is, te skep. Noem dit iets soos MANGAUNG OFFICE FOR WORK IDEAS, akroniem MANOWI.  Word so ‘n pos in TWANE geskep, noem hulle dit Tswanowi.  In Ottosdal: OTOWI.  In Stellenbosch: STELOWI.  Ensovoorts.
 
Dié wat aansoek doen, in die MANOWI/STELOWI/KIMOWI (dis nou Kimberley) - pos aangestel word en die werk van dié kantoor uitbrei, lewer elke maand of kwartaal verslag aan die burgemeester en sy Raad.
 
Vir dié MANOWI- kantoor stel u ‘n klein span kreatiewe, praktiese mense aan wat al almal swaar gekry en met die minimum klaargekom het.  Dit is hulle wat dinge doen, nie laat doen nie.  Dit is hulle wat meet en pas en in geen ander styl in die werkskeppingskantoor sal werk nie. 
 
·        Die Manowi-kantoor se  taak is om in hierdie moeilike ekonomies tyd dienste en produkte waaraan mense werklik behoefte het (dienste en produkte wat sal verkoop) te identifiseer. Die Manowi-kantoor se  taak is dus om deeglike lewensvatbaarheidsnavorsing te doen.
·        Die Manowi-kantoor se  taak is om elke kwartaal met ten minste een werkskeppingsidee vir die inwoners van u stad by u aan te meld, elke idee deeglik gemotiveer en as lewensvatbare werkskeppingskonsep gemotiveer.  Keur die Raad dit goed, word dié idee dan nie in die algemeen gepropageer nie, maar in samewerking met u Raad geïmplementeer.
·        Die MANOWI-span (of een MANOWI-beampte) tree dan as mentor vir elke groep nuwe werkers op.
·        Dit is die MANOWI (of ander stad)-kantoor se taak om die dienste en produkte in samewerking met die Raad te bemark.
 
Die detail kan in samewerking met u Raad uitgewerk word.
Na aanleiding van bestaande verneem ek of u bereid sal wees om ‘n halfuur in u besige program aan my/ons af te staan vir ‘n persoonlike ontmoeting oor hierdie belangrike saak?
 
Vriendelike groete,
Mangaunger, MM.        
 
KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com

Klik 'n Blog oop:  VLEGWERK

MARETHA Maartens ,
 Ons kleinkinders gaan so op ‘n streep deur die vleg-fase.  Nou is dit weer so.  Waar jy ook al kyk, is kinders besig om armbandjies met kleurige plastiese toutjies te vleg. Ons kan dit skaars glo:  in die vlegseisoen is ‘n bondel plastiese toutjies beter as ‘n iPad of die speletjies op Ma se slimfoon.
 
So staan ek een van ons studentekleindogters se gevlegte toutjiesarmbandjie van lank gelede en bekyk.  Al die plastiese toutjies daarin is ewe sterk en ewe mooi. Vinkel en koljander, die een is soos die ander, behalwe vir die kleur.
 
En so dink ek toe ook na oor die vervlegtheid van kommer en hoop, geloof en naakte ongeloof  in my lewe.  Ek dink na oor wat ek kwytraak:  fatalistiese opmerkings oor die toekoms van die Kerk,  my Moeder se (gewaande) verloorstryd teen invloede van buite.  Ek dink na oor my persepsies van mense:  dié wat vir my aanvaarbaar is, dié wat nie vir my aanvaarbaar is nie. 
Liewe aarde:  hoe lyk die armband wat ek vleg?
Daar is goue toutjies in: toutjies van geloof en blydskap, sekerheid en Skrifbeloftes.
Daar is patetiese, ellendige, minderwaardige toutjies in: my betwyfeling van alles wat God in sy Woord beloof.  My kleingeloof, my wantroue, my projeksies van hoe die Kerk vorentoe gaan wees. My gebrekkige geloof in die werking en teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewe van my nageslag.
 
Liewe aarde:  wat moet ek nie bely nie!  Die vervlegte armband van my geloofslewe is ‘n minderwaardige produk!
 
Here, onse Here
ek sit die armband van my lewe soos wat ek dit gevleg het
voor U neer.  Ek skaam my daarvoor,
want dit getuig van my persepsies, my voorveronderstellinge, my kortsigtigheid
en veral van my onvoldoende geloof in U.
 
Here Jesus
U sien die vlegwerk van my lewe:
die goue toutjies van geloof en blydskap, sekerheid
en waarlik geïnternaliseerde Skrifbeloftes.
 
U sien ook die minderwaardige drade waarmee ek vleg:
my eie projeksies van die Kerk en die lewe van my nageslag
my God-onterende ongeloof en kleingeloof.
Here, my God, ontknoop my vandag
En ruk die ongeloofsgoed uit my vlegwerk.

KLIK HIER VIR KOMMENTAAR: seker7seker@gmail.com
 
Maretha Blog Argief

Die Stunningste Storie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2016 Seker.co.za
Chillies